Tog Na Die Ysgrotte



04h00 Spring op, die hele spul.
  Stilletjies sluip ons die stad uit.
  'n Uitstappie vir avontuur—6 ure weg.
  'n Reis in die donker.
  Dis dagbreek.
  Die bruin-vaal heuwels.
  Die ruigdheid neem toe.
  Dis woude—dik ou bome.
  Sneeuwêreld.
  'n Sneeustorm—wit paaie.
  Versigtige verkeer.
  Weer son, skoon paaie.
  Dun-regop wit-bas Aspen woude.
12h00  'n Verkeerde afrit,
  'n halfuur ekstra.
  Kaasballetjies en gerookte vis.
  Myle te voet oor die ys.
  Die pragtige ysgrotte!
17h00  Die eina-voet terugloop.
  Eet, petrol, die lang donker terugrit.
  Smekend, martelend moeg.
01h00  Dankie, ons is veilig tuis.
  Dit was lekker.
01h06  Lekker slaap.