Dis daai staar wat niks sê nie,
want hy's nie meer daar nie.
En hy ook nou
met die stof van Afrika versmelt.
En ek staar, sê niks nie;
die verlede tyd hang swaar oor my gemoed.
Dít wat hy regtig was
sal toekomstig nog in ons leef
en daar wees
in ons familieskat gestalte.
Nou is dit my beurt,
as die laaste geslag
om dít
te veredel of te melk
voordat ek gedwonge
ook daai staar moet aanvaar.