Trots En Vas


Verlig.
Verhelder.
Kraakvars gebeeld.
"Die Reguit Pad."

Subtiele skadu's
het om my rondgehang;
eerstydse wit
het skakeer
tot romergrys.

My visie is verswak
— tot granietgrys verswart.
Dit was lekker mistig.

Gevoelig en pynlik sigbaar
sleep ek die verlede
oor bevlekte leegtes.