Met die geweer
tot Nasionale Simbool verhef,
dryf 'n vreemde aktivis
vervreemde kinders.
Die beskawing van gister
word verbrand.
Die Nuwe Orde!
— 'n Era
van klippe en stokke,
fakkel en bom.
My land van herkoms
se poorte staan toe.
Dis meester Solodovnikov se dag.