'n Grote bullebak,
hardebaard - welig swart.
Sy diep stem donder oor ons heen.
Hy's man!
Mamma het hom groot gemaak-
van baba
tot Kleinjan,
Pappa se Grootseun
en almal se Regterhand.
Toe word hy hardekoejawel
en sterk:
Nou's hy albei.
Maar Mamma se liefde bly teer.
Haar sagte lag
laat nog dieselfde indruk na.
Hy's nog Kleinjan,
Pappa se Regterhand.
"Dankie Mamma", al wil ek dit nie sê nie.