Ja!
Kom ons gooi die leier uit!
Brand hul gebeendere,
vertrap die bespuugde as
en gil!
… tot die are dik staan op ons koppe.
Te hel met tradisie
en effentjies mense;
ek donder jou sommer ook, … kyk weg!
Die plek gaan ons regruk.
Die koppe van baie bliksems gaan rol.
Gemene gemeenskap chirurgie.