Vêrlangs


Soos die ruwe merke van die Rockies
lê die letsels van verlange.

Onderleggend roer
die pynlike smag
tot selfvervulling;
diens tot
'n eie uitlewing
van my liefdes.