Victor Post Mortem


My siel skep uit sy potensiaal
— die diep ervaring van sy oë,
in flitse en getye uit sy lewenspoel.

Berustend en kalm
ontmoet hy die graf.

… die bekroning
van 'n ongesalfde.