Vlug 447


By firma X in Frankryk
het die werksjaar se top presteerders
geëindig met
'n verdienstelike vakansie in Rio
en die kinders by familie en vriende.

Air France: Parys — Rio.

Air France: Rio — Parys,

terug na hul wagtende gesinnetjies.
… en toe; die sein verdwyn

Die nuus - die soektog - die drywende bewyse - die skok.
Eindig 228 lewens: tragies en hulpeloos.

Ruk die nuus ons, al was hulle vreeemdelinge;
die tragedie van die agtergeblewenes: die wesies,
die verslae familie en vriende, ma's en pa's en werksgenote.

Soos duisende tragedies in die verlede,
gaan die ene ook vervaag,
maar dan vra ek myself af;
die aangeraak deur die tragedie:
wat kan ek doen, wat kan ek sĂȘ,
hoe kan ek wees om genesing, en verligting te bring?
Waar is ek in hul nood?

O, waar is ek wanneer hul hele wese smeek?