Dis 'n sad storie dié,
die stampvol busse
wat moeës huis toe karwei.
Swoegend snork die swanger
kolosse verby
(elke drie minute)
… en die driver
sal moet terugkeer
vir nog 'n gatvol
vragvol.