Werkloos


Met een oor
sit ek en luister
na die tafel langsaan.

'n Man verduidelik sy nuwe plan,
die geld wat daar te make is,
… die vurige oorreding van
sy nut,
sy visie,
sy relevansie.

In hom is ek en jy
in daai behoefte en begeerte
dat wat jy doen,
wat jy is,
wel saakmaak.

… onderliggend tot 'n nood vir oorlewing.