Winnie


"Bleek van die koue."
"Week geveg teen die houe."
"Vreet die skadu's sy vette weg,
halter tralies sy gees tot kneg."

Onrustig skud die sipresse op die lokasierand.
Groue wolke oortrek die Vrystaat.
Kil is die bleek maan oor die land.
Vermaard staan sy teen die sterlig afgeëts,
diep ontroer.