✿ My gedigte   
✿ My poems   
✿ Mes poèmes   


  ⁞   INHOUDSOPGAWE   ⁞   TABLE OF CONTENTS   ⁞   TABLE DES MATIÈRES

Opbeurend ✿ Uplifting ✿ Édifiante


Pyn ✿ Pain ✿ Douleur


Liefdesgedigte ✿ Love Poems ✿ Les Poèmes d'amour


Lewenswaarnemings ✿ Life Observations ✿ Observations de la Vie


Politiek & Mag ✿ Politics & Power ✿ Politique & Pouvoir





    Die GEDIGTE   ⁞   The POEMS   ⁞   Les POÈMES

A Happy Morning

Renewal —  the feel of juvenile potential.
Awareness —  of depth, of goodness.
Thoughts —  reflection; and the future.
Happiness —  cradled in progressive love.
Color —  feelings, impressions, expression!
Romance —  I softly smile, (in secret).
Peace —  not of birth or death, but fulfilling.

       1986 USA

Aanpasbaar

Baksteen en blikkerasie,
hittegolwe dans met die teerplaveisel,
roet.
Allerlei lyngeboë
sweetgesigte
in aller haas.
Tog merk jy —
onbeweeglik rustig,
enkele klippe
in die stroom.

Dis vyf-uur in die stad.

Vandag se krae is lankal vuil,
die kouse stink,
en so meer.
En môre?
…dan traai ons weer.

      1989 Provo, UT, VSA

Abstract 1

My inner courts
yell at the walls.
— No patience, no faith,
just off-beat meeleed
bio-rhythms.

It's all different now,
upset
and re-arranged.

The promise bleached,
and given blessings
were left unopened.

      early 1984 RSA

Abstract 2

They! The brutals!
(me) (the mugged)
… but now of a sudden,
me looks like a grumpy brat.

Then for skin-savin survival,
me smiles
— as always
and
every day.

      1984 USA

Abstract 3

Now I'm sad I flew.
Clipped, caged, robbed!
Silent I will be!

      1984 USA

Across the River

Yellow walls,
in forty incandecent watts and dirty lamp shades.
Green hairy carpets.
— people at the edge.
Their brown
furniture;
the same complaints,
and tired faces
from their long winters
to boiling summers.

      1989 Provo, UT, USA

Afgedank

Hoekom, as jy met liefde dink;
hoekom, as jy met tederheid voel;
hoekom, as jy deurentyd ondersteunend en liefdevol wil —
jy nog steeds die trekpas kry?

Hoe dan so? So onverwags! So onvoorspelbaar.
Die gees van 'n nuwe identiteit
gryp haar aan.
En nou herrangskik sy,
als is beslis en kil.

Ek is nou nie meer pa nie, so sê sy;
net nog 'n volwassene.
Daai konneksie is nou net 'n verlede —
sy verklaar voortaan haarself
as autonome volwassene.

Ek is stil, sielsgewond;
nooit afgevorseer nie,
nooit opgedring nie.
Sy is vry - die keuse is hare.

Diep is my liefde, diep sal dit bly.
Ek wil so graag haar in my wieke van ontferming toevou.
My hart en gees smeek by die deure van die tempel.
O, God – lei my op die sagte weg,
dat sy weer kan voel en ek weer kan pa wees;
en sy my dogter,
dat sy self kan weet
dat 'n pa se liefde eg is.

      2025 Cedar Hills, UT

Ag, toe!?

Ag, toe!?

Ek wou maar net
die lag van jou oë voel.
Ek wou maar net
gevang word in die spel
en geheimenis van jou lag.
Ek wou maar net.

… 'n lange pad van korte duur."

      1984 Provo, UT, VSA

Amici

Dis so lekker
die aandgeselsies,
ons vriende en ek.

En wierook die oomblik smee;
lag en musiek tot die kerse uitbrand.
Lank reeds het die stad gaan rus.

Traag keer ons terug na die lewensweg.
"Wel, môre is … dis reeds vandag.
Goeienag".

Dis so lekker
die aandgeselsies,
ons vriende en ek.

      April 1981 Pretoria, RSA

Amanda

Amanda,
ek het geweet ek gaan jou mis …
maar die realiteite
was erger:
die aanpassing —
die weg-vir-altyd byt.

Jy moederloos voor tien.
Én jy: moedervol tot jou laaste tien.

Dit kon eensaam en tragies
gewees het.
Tog, verbasend was dit nie.

Jou liefde leef.
Jou baie, baie babas leef.
Uit jou liefde,
jou liefde …

      14 Julie 2012 Milwaukee, WI, VSA

An Order

We were only laughing,
communicating on the vague perceptions
of goodwill and spontaneous mannerisms.

Your accentuation
entered my space
of individual existence.
Now, I run and scramble
to accommodate this unexpected visit.
"Eyes will be looking,
hearts will be judging."

In your presence
my spontaneous spirit
is silenced
to revise
freedom.

May this occurrence
be fortunate.

      1984 USA

As Net Jy Antwoord

Jy! …meer en meer,
Met die jonkheid
wat jy stadig afskud,
soos die vorm
van jou wese
vergestalt;
en jy as vrou
na my toe draai.
Ons lenige vingers
verenig,
om ons te snoer
waar woorde
die omvang
ontwyk.

Beide gedagtes
in 'n wêreld vir twee.

      1984 Provo, UT, VSA

Bâtir

Isolé dans le bruit.
Isolé dans la bousculade du peuple.
Isolé.

Tout seul
on peut se tenir tranquille
et se demander.
Sans que les autres remarquent,
on a une expérience soit même.

Isolé dans le bruit.
Isolé dans la bousculade du peuple.

Isolé.

      1986 États Unis

Begging for Silence

Be quiet! (… please)
I dare not talk — I can not.
A miracle happened
way down inside.

Prismic illumination,
euphonic harmony
and a new heart
bore witness.
I have really seen.
I cannot talk.
Please. (… grant me silence)

      approx. 1984 Capetown, RSA

Besielingsmagte

Gepolariseerde magte wroeg in my siel.
Beide logies gegrond, elkeen geregverdig.

Dis nie dat ek nou op daai krisisdrumpel
rustig terugskouend kan wik en weeg nie.
Dis nie dat ek dan besluitbewus is nie,
want daar's diep strome, geneënthede,
en 'n gemoedstoestand wat my wil meevoer
om daai oomblik te laat gebeur.

Was dit wroeging en frustrasie?
Was dit onvervulde verwagtinge?
… of selfs net afgematheid,
'n honger magie,
of dalk 'n tamgeswete lyf
wat my gedryf het na denke
om nóú-se-gevoelens aan te spreek.
… tog ná die krisis, my onveredeld laat?

Of, was dit geloof en vasbyt,
'n vaste verbintenis tot naasteliefde,
'n metabewustheid van druk en frustrasies,
en 'n wil tot wysheid
wat selfs my verbaas
met die kalmte en vastigheid;
dat my oordeel nie deur omstandigheid gegooi word nie?

Dié twee paaie deurkruis
my hart en my gedagtes,
en net dié bewustheid
help my reaksie en besluitneming.

      4 Julie 2020 Milwaukee, WI, VSA

Ghetto Gaza

Ons skree saam.
Niks gaan ons stuit nie!

Op die klimaks van gedrewenheid,
met 'n oormaat van durf en moed,
verbrysel ons die weerstand.

Verabsoluut staan ons saam,
Vas en beslote.

En nou is alle weerstand
'n verklaarde euwel,
om met die mag van ons histerie,
plat te vee.
Verplettering die doel —
visionêre verwoesters as jy wil.

Besope met die magiese mag van fanatisme
verabsoluteer ons — tot die dood toe!

Toe — oor die as, en letsels …
hang net vrae, spoke, en swye.
In skaamte skuil ons;
ontkennend bely ons disassosiasie (maar saggies),
en ons walg onsself.

      Mei 2025 Cedar Hills, UT

Beyond Vasbyt

'n Vreemdeling het my pad oorkruis.
'n Middeljarige bouer,
dienswillig met sy uitgebreide stel gereedskap
om sy brood te verdien.

Die brokkies van sy legkaart ontvou:
… het sy werk verloor,
… onlangs sy kar gerol
en sy nek gebreek.
… is geskei,
… van sy familie vervreemd,
… sy ouers is uiteen,
… dwelms het met hom die vloer gevee,
en drank sy organe verniel.
… twee beroertes, twee hartaanvalle.

O ja, daai motorfietsongeluk:
jare terug — beide femurs gebreek,
kakebeen vergruis, en so aan.
… en verlede week,
ontsteking van sy pankreas,
krul hy van die pyn;
en vandag: geen kar, geen huis.
effe oorweldig.

En dan ook, sy lang lys van medikasie …
vir pyn, vir bloeddruk, cholesterol,
gemoedstabilisering, bloedverdunner, …

Hoe gaan hy ooit vrede vind
met al die vlamme en rukwinde om hom heen?

      26 Nov 2023 Kemmerer, WY, VSA

Chez moi

Je suis ici, presque par hasard,
et c'est pourquoi ce moment
est si touchant.

Je ne comprends pas très bien pourquoi,
mais je ne peux pas nier
la surprise de cette expérience.

C'est tout simplement plus profond
que le langage.

Je le sens,
je le reconnais :
un flot, une richesse au sein
de cet espace culturel, spirituel et émotionnel.

J'aime vraiment ma vie.
Je suis reconnaissante d'être chez moi aujourd'hui.

Ma facilité avec la langue
est celle d'un enfant.
Et pourtant, je m'étonne.
C'est comme je suis chez moi encore.

Je rêve à nouveau dans la langue.
Et quand je me parle,
je parle la langue, comme si j'avais retrouvé ma propre voix.
Et pour moi, les échanges entre les âmes,
sont simplement purs et sensibles.

Je suis même un peu triste …
mes ancêtres viennent d'ici ;
et enfin, mon âme rentre chez eux.

    26 Janvier 2025 Manosque, France

Coda

(huis vir bejaardes)

Traag en tydsaam
luier die tehuislewe.
Buite in die wintersonnetjie
tel die tyd hul af.

In laat-herfs se wagtende
rustigheid
span kaaldroë takke
ongunstig teen weer en tyd,
… en die seisoen hul een-een
leweloos laat.

Snoei ons die dorre takke
in voorbereiding
vir
    nuwe
             l o t e.

    1982 Pretoria, RSA

CW I

That glow was honest,
and now the twinkle
of your smile
brings to mind
the offer of warm affection.

Enchanted
by a captured moment,
the world of song
and fragrance
blends
with the sight
of her smile,
" … that glow was honest."

      November 1983 Capetown, RSA

CW II

With soft curiosity
I watch you.
As your eyes turn
to a gaze;
into the distance 
as your emotion
lights up your face.

It simply remains a glimpse
at the inner flights
of your imagination.
And then
the happiness of your soul
flashes up
in physical expression
as you smile.
(and we interpret
at heart's desire)

      1984 Capetown, RSA

Dankie Mervyl

Just after two am
a dry scratchy throat
woke me; then the ping.
… I forgot to silence my phone …
I checked the message.

"Mervyl had just passed away."

She was mother to us all.
… the single souls, the students,
the military boys, the transfers,
or those starting anew.
Gentle and lovingly
is her being;
… opened her heart and her home.

In her presence
you were wanted,
you were cherished.
She saw your potential; she saw your dignity.

It has been more
than 40 years now —
those wonderful times.

Tonight I ponder these vissicitudes of life
that her passing brings,
these beginnings and endings …
and the memories built in-between,
these precious opportunities cherished.

Now, … in mourning and reflection
I feel her magical grace — still with us;
I feel the loss
… the impact of this permanent shift.

This moment of parting deeply prompts me:
to grasp exceptionality in loving service;
to commit to this vision with alacrity and urgency.

Thank you, Mervyl.
You, a most choice daughter of God.

      10 June 2023 Atlanta, GA, USA

Dertig jaar of wat gelede

Met Pa se afsterwe:
die ou fieterjasies in sy kamer;
'n vloed van sentimentaliteit
sweem om al die besittingtjies
as oorgeblewe herinneringe.

Met sy gees verkas,
vaar sy sielsgevoel
nou dié goedjies in.
Ons wil almal vashou
aan als wat syne was,
as't ware 'n naelstring konneksie met hom.

Nou, met moeder
wat dié dag sien kom –
gaan ons dieselfde deurmaak?
… en vashou aan haar dingetjies
om haar heengaan te streel?

Tog koester ek nog net 'n enkele dingetjie van my oupa
… en dan nog daai beeldjie van Tannie Laura.

En van die geslagte voor hulle?
… net gedagtes en 'n paar goeie stories.
En wat gaan my nasate
eendag van my wil koester?

      5 November 2024 Pleasant Grove, UT

Die Dag as Ek Dood is

Daai dag gaan hulle ruk.
Die besef gaan hulle tussen die oë tref.

Nooit weer gaan ons hom sien nie.
Nooit weer gaan ons van hom hoor nie.

Sy lyf se reuk in sy trui en in sy jas
sal nog talm
en jou senuwees prikkel,
en jou terugvoer na 'n vergange verlede.

En sy goedjies?
dié gaan
óf uitgedeel
óf weggegooi word.

Vir my is die streep nou getrek.
Die finaliteit:
nimmer meer sal ek weer kan skryf,
nóg dig,
nóg kan teken of kan verf,
nóg 'n liedjie komponeer
of iets sing.

Ek wou nog my jammer sê.
Vir jou wou ek nog spesifiek
van aangesig tot aangesig sê,
"Ek is lief vir jou".
Maar, … ek het nie.
En ek wou nog ander
te hulp snel met my tyd,
my talente, my geld
en my netwerk.
Maar, … ek het nie.

As nuweling is ek nou geskaar
by die kader-van-die-vergangenheid.
Net my nalatenskap
in skeppende werke
en as gevoelens,
en my mensgevoel impak
leef nog voort;
— miskien vir dae,
— of weke;
   en vir sommiges
— selfs maande
— of jare,
   en in seldsame gevalle
— 'n dekade of wat,
   of, wonder-bo-wonder,
— oor die eeue heen.

      4 Februarie 2024 Cedar Hills, UT, VSA

Die Gawe

'n Vloed van lieflikheid
straal uit haar,
gevul met hartsbegeertes
van ontferming en sagtheid;
Warmte wat luister en aanvaar,
oorspoel met 'n oop gewilligheid
om jou waardigheid te steun.

Die sprankel in haar gees
verwelkom jou volkome.

'n Pragtige mens —
veredel sy my.

      26 Januarie 2025 Manosque, Frankryk

Die Kasregister

My visie was gevul
met die volle verwesentliking
van my talente en vele drome.
Al my verwagtinge
was toegeknoop en opgesluit
toe my ondersteuiningsraamwerk weggeneem was.

Wie het gevra vir angs?
Wie smag na desperaatheid?
Wie koester ontvangs van felle kritiek?
En wie verwelkom verlatendheid?

Ek moes.
… as maar net nog 'n behoeftige,
met myn hoed ter handen, desperaat in my smeekbede.
Enige werk, asseblief tog —
énige werk.

Dis hoe die kasregister my klavier geword het
en ek uiteindelik die pianis.
… elkeen met sy dingetjies te koop …
"Hallo, R50.50 asseblief, dankie."
"U kleingeld, totsiens."

… Al was die werkie geen loopbaan nie,
sê ek dankie.

Dankie vir die kans om vele te kon ontmoet, oor en oor.
Dis toe ek intens in smeekgebed my na Bo gewend het.
Mag ek 'n bron word:
'n bron van begrip
'n bron van ondersteuning
'n bron van geloof
'n bron van hoop
'n bron van liefde — iemand wat innig luister,
om elkeen 'n kans te bied om waardig te voel,
gewaardeerd en geken.

Dankie vir die kasregister.

      16 Nov 1991 Provo, UT, VSA

Die Kastiges

In my gemeenskap
van grootmens wees,
is daar titels,
geld,
en pretensie gesigte
wat lag;
    … tog lag hulle nie.

      1979 Pretoria, RSA

Die Komende Hellebrand

Ek sit lank in 'n diepdink.

Is die oorlog altyd ver weg?

Die siklus sê my dat dit kom;
met Zoeloes en Xhosas
met mokerkieries en mes,
ontketende vuurwarm gemoedere
en die doodshou in elke greep.

Hoekom weet ek nie.

… in daai tye onstuimig-siedende onsekuriteit
is geld waardeloos,
die jongens slaap rond en suip,
my gestressde mense vloek hewig,
spot met God
en gierig na wins.
Ware vriende verloor die ware.
Selfdood alledaags, moord ook.
Stampvol is die tronke en strate.
Jesaja en Paulus praat mos van dié dag
wanneer niemand sal glo nie.

Wel, …
glo jy? Glo jy nog?

      1981 Pretoria, RSA

Die Lagter

Uit bekers van lag en sing
besprinkel ek druppels
van my selfvoldane geluk
oor die armes heen;
mik ek pretensieus
na vuil gebakte handjies
met 'n paar blinkes uit my beurs.

Die Gesalfde Kroonprins
is mos my vriend,
en ek lag weer —
want ons mag nie huil nie.

      1984 Provo, UT, VSA

Die Komeet

Die winterstorm woed.
Hoe lank nog?
Sou jy die rolprent kon versnel,
is dit wit, kleurvol, lower, roes,
dan weer wit, kleurvol, lower, roes;
oor en oor.

Die skoolverlaters staan bo almal
aan't koningkraai
in hul kortstondige 'ewige' senioriteit.
Nog 'n jaar, nog 'n klas;
oor en oor.

En ek en jy?
Ons voel so vas en gevestig;
as kind, as tiener,
as student, as pa,
as oupa … en skielik dan …

Jy's net 'n verskietende ster
daarna jou impak:
'n uur, 'n week, 'n geslag?

Dis nie oor nou nie,
maar die komeet se stert,
en die nou bepaal die stert.

      Jan 2025 Parys, Frankryk

Die Konneksie

'n Geurige stomende potensiaal met stewige handvatsels
maak dit maklik
om dié watertand
in ons midde te plaas.

So wens ek daar was handvatsels
aan jou siel
dat ek bedagsaam
jou kon indra
tot in midde van ontferming.

Alhoewel jy opvou, afsluit,
wegkeer, toemaak en al daai
vorms van inkeer en terugtrek vasgryp,
weet en voel jy nie
die gretigheid in ons,
om jou deksel te lig;
want elkeen van ons vind jou geurig uniek;
poog om jou te herinner aan die intieme smake
en die lieflike konneksie met jou.

Individueel is ons verknog aan jou geestessierade,
en hoop dat die oorweldige lojale bevestiging
jou die sleutel sal bied,
om oop te vou,
oop te sluit,
oop te maak
en ons omhels te verwelkom.

      16 Nov 1991 Provo, UT, VSA

Die Leë Bottel

Sjoe,
Nou gaan ek moet raai,
… of dalk nie.
Hoekom is hy pal behoeftig?
Hoekom melk hy al wat kan vir geld?
Hoekom misbruik hy al wat vrou is?
Hoekom vergryp hy hom aan al wat kan bedwelm?
Hoekom wip hy hom so vinnig?
Hoekom weet jy reeds: jy gaan nooit terugbetaal word nie?

Hoekom is dit so hartseer
⁃ dat hy deurentyd verwag jy gaan hom drop.
⁃ dat hy voel en glo dat hy rubbish is?
⁃ dat hy onwaardig is;
⁃ dat ander hom nie kan liefhê nie?
⁃ dat ander nie in hom kan glo nie?

Hoekom tog het sy pa hom so mishandel?
Hoekom is hy so diep gekneus, so wantrouend?

Hoe kan hy ooit weer heel word?
Hoe kan hy vertrouenswaardig word?
Hoe kan hy geliefd word?
Hoe kan hy sy integriteit herbou?
Hoe gaan hy ooit die maalstroom van fatalisme ontsnap?

Hoe kan ons almal saam weer vasbyt aan hoop, aan geloof, en aan liefde?

      Augustus 2025 Kemmerer, Wyoming

Die Omhels

Een na die ander
ontvang my met oop arms.
Elke omhels 'n teken van
jare se samesyn: lag, werk, skerts;
en 'n wedersydse begrip
in die arms van ou vriende.

Dis dieplekker om weer terug te wees;
ai, die tyd tog:
almal ouer.
Vlae van geluk,
van leed,
van pyn,
en van groei.
… maar ook gedagtig
aan dié wat ons verlaat het;
die sterftes,
die verhuisdes, soos ek
en ook die nuwes –
kinders gebore na ons saamwees.

En die wiel draai;
môre vlieg ek weer.
Voort;
met dié oomblikke vandag
ewiglik diep in my hart.

      24 Aug 2025 Milwaukee, WI

Die Onbeskorene

Dis daai flits
van teenstrydigheid
wat hom op jou lippe plaas;
om sy lewe
in jou pen laat kriewel
en sy stories
in die lug
laat hang.

Maar eendag
sal sy voorbeeld
wat nou moet sluimer
jou dalk nog
gaan red.

      Maart 1991 Provo, UT, VSA

Die Oumanpad

As kind al
het jy in jou gemoed
beleggings gemaak,
dat jou oudag oukei sal wees,
dat jy 'n lekker lang somer sal hê,
opgevolg deur 'n pragtige, kleurryke en rustige herfs,
gevolg deur 'n sierlike winterryp
(want dis mos onvermydelik)
wat jou kwansuis kortstondig sou plattrek
en met 'n meegaande winterbries
jou liggie doof.

Die oumanspad is soms
'n lang, lang winter,
wat jou nie wil vergewe, of laat gaan nie;
of 'n herfs sonder blare, met veldbrande,
of 'n somer van sweet en droogte,
of 'n lente sonder bloeisels en bye.

Ag, en sommigetjies sien nie eens die lente deur nie,
gekome en gegane sonder herhinneringe — ontslape sade.

"Luister, gee maar my kierie en pyne terug,
… kom, kom, laat ons aanstap."

      2012 Milwaukee, WI, VSA

Die Planter

Die uitgestrekte takke
van die akkerboom –
dik en ruig,
oordek in 'n groen van smarag.

Die anker van vrede, lafenis en koelte,
bied jou die saamgekoer van intiem-tevrede duifies
en 'n koel briesie om die oomblik af te rond.

'n Ou man, met die kierie op sy skoot,
het reeds genoeg gerus;
tog sit hy nog met graagte
om die volheid van die oomblik in te adem.
Ingedagte en glimlaggend staar hy
na die kinders op die swaaie,
die kuierende mammies
wat mekaar gretig beluister;
en dan begin sy gedagtes vloei …

Die ou boom strek sy arms van koelte
ver oor driehonderd jare heen.
Die planter se daad seën voort
met sy gevestigde omgewingsidentiteit,
as uitkykpos vir die uile snags,
as seintoring vir die duiwe bedags,
en as eeue-oue raathuis van die eekhoringkies.

Fier troon sy silouet as stille getuienis
van geslag op geslag
se kom — se vertoef — en se gaan.
Hier is en word alles,
benullig of belangrik,
geneem, gedeel, en gegee
— onder die statige wolkekrabber van die natuur.

      31 Januarie 2025 Nice, Frankryk

Die Smeltkroes

In die traagheid van die dag,
met eensaam versteende koeltevlekke
wat oor die leë vlaktes strek,
het 'n grenspatrollie om hulp gewag.

… maande
van skietkuns,
oorlewing,
veldkuns,
en kamoflering.

Dié opgeboude, opgekropte veglus
is met 'n landmynslag ontlont.

Watter beskawing het die haat geplant?

… 'n vriend se lewe
word in diens geoffer …

My moeë makkers
het sy oorskot
skadukant gesleep.

Bitter bloed het dié laat-agtermiddag
die gawes van durf en moed
in ons subbestaan geyk.

      1981 Pretoria, RSA

Die Uur

Een dag was ek uitgeroep
om saam in die duister
sy sterwensuur te veg.

Verwarring in pyn
en lyding in siekte
het sy greep verbreek.

Aan die lang kant van 'n kort uur
het hy vertrek.

In die stilte
van dit wat was,
keer helder
sy voorbeeld en invloed
my
tot aansporing en tere nagedagte.

      Mei 1981 Pretoria, RSA

Die Uurglas

Anders was ek ja.
… en elders my pad.
Ek laat julle preke agter —
die bespotting, die vermyding, en die ander ondingetjies
wat jou deelwees betwyfel of ontsê.

Ongeabsorbeer sak ek na die bodem
van ons lewenskring.

Eerste syfer ek die uurglas deur
om 'n vaste fondasie te skik
in my beperkte ruim
vir dié …
die binnestebuitenes.

      1984 Provo, UT, VSA

Die Voortjie

'n Voortjie gespit.
Omgesooi.
'n Saadjie geplant,
optimaal na aan die ondergrondsvog.
Reënwater gelei,
die saad ontkiem:
wortels na bende,
beblaarde stingeltjie na bowe —
dieper en hoër
tot blom, en vrug, en saad.

Mag ek 'n voortjie in jou lewe wees.

      17 Maart 2024 Cedar Hills, UT

Die Wroeging

Openlik die visie —
as jy God se pad kies
is als vol lig, liefde, en lowergroen.
As jy van God keer,
is jou pad besaai met duwweltjies,
duisternis en dwaling.

Maar wat dan
van daai vrats?
… skielik is hy weg.
Ons, emosioneel geteister
en sy gesin finansiëel platgetrek.

Die verwoesting, die wreedheid
van oorlog en sy euwele ontberinge,
van die gelowige en godlose —
pyn is pyn, honger is honger.

Maar dis in die moontlikheid van letsels,
die verwerking van trauma,
dat die genesing van jou siel
en jou rol in die optel van skerwe,
joune word; en dié van ander …

Dís waar jou geloof, jou hoop,
en jou liefde
die bitterheid oorwin.
Met geduld, want jy weet
jy het die mag tot 'n ander keuse.
'n Keuse buiten die hel van bittere gedagtes,
die ewige ontnugtering, die permanente
geslotenheid en die ewige vasbrand.

Kies liefde, kies genesing;
jy kan weer hoop, jy kan.

      Maart 2025 Cedar Hills, UT

Dis Tyd

Pas gehoor: 'n klasmaat oorlede.
Ons lot — almal in ons sestigs,
en statisties op die kurwe
wat nou eksponensieël styg.
… en êrens op dié kurwe
gaan ek ook afklim.

Sjoe! Dis tyd vir wikkel en woeker —

Dis tyd vir dankie sê,
vir vrede bou,
geskille besleg,
en die liefdevol in my,
aan te gryp en uit te leef.

Nou is nóú –
braaf prioriteite rig:
glimlagte uitdeel,
'n luisterende mens word,
en te vergewe – mildelik, met groothartigheid en oorgawe.

Dis tyd vir jammer sê.
Dis tyd om andere te seën
met my daarwees,
my talente,
vermoëns,
en ontferming.

Want op die laaste dag (wanneer dit ook al sal wees),
wil ek heengaan
met 'n hart vol vrede en liefde,
met genesing in my gemoed
en berustend
vir die lewe hierna.

      19 Nov 2023 Spring Lake, MI, VSA

Doodspraak: Die Ongeluk Herleef

"Eendag sal jy hier verbystap.
Jy sal terugkom."

"Jy sal sweet, hyg, kruppel wees,
en jou letsels rou."

"Jy sal terugkom."

"Hierheen."

… ek was al weg
toe hulle ons ontdek het.
(jy was amper saam)

Mank en alleen, nuut begin.
Verbete bevange in pyn.

"Jammer!"

      1986 Provo, UT, VSA

Dormez Bien

The last pretenses
of consciousness slips;
and you're gone.

At length I bask
in your aura.
Silently
I soak in
your sweet countenance.

Now I can love you
('cause I'm shy)

I smile — pastel soft.
Quietly I kiss your peaceful hand.
I sit a little longer, just a little.

      1984 Provo, UT, VSA

Ek, Myself And I

Dit word al stiller.
Die kosbare
pakkie
dieper
weg-
ge-
pak.
 
Onder
al die
maskers
en
nuwe
persoonlikhede,
lê ek,
half vergete.
 
ek,
my gedagtes,
my verlede.
 
'n Geestelike
diepstil.

      7 Junie 1985 Provo, UT, VSA

Ek wil jou leer loop

Nou dat jy lê, krul, kruip
en worstel;
breek jy,
en trek jy alles van die tafel af.

Die porselein lê mooi in skerwe;
en elke keer
as jy omrol in stuwing
en trekking
SNY die werke van jou hand.

Jy's moeg, erg beseer — diep gewond.

Maar Pappa — asseblief Pappa …
Die potte sal stukkend bly lê;
jou bloedsmere sal ons opvee …
Jy móét loop! JY móét loop!

Stadig opsit
wonde lek …
Ons hande wag:
kalm, en sag.

      1990 Provo, UT, VSA

Elle

Endless. Endlessly soft,
The decorum and elegance
of rhythmic supple lines
mystically fading into
the soul of nature;
rolling her peace
over the horizons
of time.

Quietly soft,
I glance over
so much in you.
Your hair like
the willows
in an open and free
sway with the wind.

Your eyes always
do their own thing —
fast, focused,
and filled with
brilliance …
then they
turn wide,
and soft,
as your smile
broadens.

      1987 Provo, UT, USA

En so aan

Ek wens ek hoef nie; ek wens ek moes nie.
Ek wens dit kon anders gewees het.
Ek wens vermyding was moontlik,
om 'n ander pad te beleef …
gemik op die sagte, die heerlike,
die vreedsame, en so aan.

Maar dis nie wat is nie.
Sake is versteur,
dinge is deurmekaar,
die wiele het afgekom, en so aan.

My gestel is in skok,
drome aan flarde,
en ek wil wegvlug, terugdeins,
onttrek, en so aan.

Dit gaan nie oor
rustig, lekker en mooi nie.
My gemoed is oortrokke
met ontnugtering, verbystering,
en teleurstelling - toegedraai
in pyn, wroeging,
weerstandigheid, en so aan.

Dit bring my tot stilstand
met onrus en desperaatheid
wat my van alle kante kneus.

Tog, iets dieper as
al die emosie en invloeing
wat my oorspoel reg tot
om die ankers van my wese,
dié ritsel roer my aandag liggies;
net genoeg, dat ek waarneem
wat die oorweldiging stuit, en so aan.

Net die feit dat ek
my nie laat meesleur nie,
was my bewys
dat my wilsrol daar is,
hoe swak en onwillig ook al.
"Ek is fundamenteel omgekeer
in 'n nuwe rigting."
Toe kom die gawes
van geduld, aanvaarding,
geloof, deursetting, en so aan.

Ek is nog steeds rou-verstoor,
maar my desperaatheid
het 'n blaaskansie ontvang.
Ek kon 'n teugie vars lug inasem.
Ek kon bedaar.
Ek kon tot verhaal kom,
ek kon buite die oomblik dink,
ek kon beaam wie ek is,
wat ek voorstaan, en van watter
stoffasie ek gemaak is, en so aan.

Ek het hoop.
Ek hou vas aan geloof.
En liefde laat alles sin maak.
Ek kan, en ek wil, en ek moet, en so aan.

      19 Junie 2023 Atlanta, GA, VSA

Escape

Fortunately I had good acoustic headphones
and big-power stereo
to give my heart a sonic blast,
to crack, fracture, crush, splinter,
pulverize and blow out —
all the thoughts of you!

Not a tear —
'till the last spec
gets sucked up
in the wild
turbulent
furious
tornado.

Then the flood:
to clean, soothe,
and cool the
shiny surface.

- No stains, no stick!

      1990 Provo, UT, USA

Ewig en Altyd

Ons ry deur mooi wêreld
in die noorde van Michigan;
maar my hart is ver.
Terug in Pretoria
is my moeder,
my liewe mammie,
braaf en fier,
met die erge nuus
- deutrek met kanker.

Dis 'n vloed van vermenging -
triestig, en dankbaar,
skaterlag, en stil;
dis afskeidtyd.

Sal sy heen gaan
deur die sluier
in die arms van afgestorwenes.
Die ontslapenes het minsaam haar afgewag.
… en ons verlange
eers diep en intens,
dan tydsaam berus -
oorskouend van haar aankoms tot vertrek; die aanvaarding.
ook van ons dag, eendag.

      23 Mei 23 Traverse City, MI, USA

Exclusivité

All and every
ain't no more.
Subtle differential experience
unfold and expose.

Each face has its own shade.

Separately we accept,
jointly we divide
— pussyfooting with
philosophical nuances,
but
the stamp is personalized.
Semantics separate
within the bounds of respect.

I'm glad — I'm me — only me.
Every day — more and more to be.
Identity forms.

      approx. 1984 Capetown, RSA

Fantasia

       uit
   in
      my
          kom die roep!

die drade van my hart
die middel van my maag,
my handpalms,
my hele gedagte,
en elke sintuig
beleef
'n harmonie.

'n Simfonie!

Oupa moes veg
en pappa studeer
dat ek mag droom.

      14 Mei 1985 Provo, UT, VSA

Far Off

There's no shunting
                          on to sidelines

no visible limits
where the desperate roam.

I'm in dark blue,
swollen red,
and other colours of pain.

My lips are slammed,
the tip of my nose is cold;
heavy eyelids
slowly shut
half empty sockets.

      1984 Capetown, RSA

Flight 477

At firm X in France
the year's top performers
ended with
a well-deserved vacation to Rio
and the children with family and friends.

Air France: Paris — Rio.

Air France: Rio — Paris,
back to their little ones in waiting.

… and then; the signal's gone.

The news - the search - the floating proof - the shock.
Ended 228 lives: tragic and helpless.

The news shook us, even though they were strangers;
the tragedy of those staying behind: the orphans;
the shook-up families and friends, moms and dads and colleagues.

Like thousands of tragedies in the past,
will this one fade as well,
but I ask myself -
did I and am I doing my best;
to bring healing and relief
where I could have,
and where I can?

     2009 Milwaukee, WI, USA

Foute

al die gebreke
is onder druk
gelas,
en dis toegeverf
met 'n mooiweerskwas.

Toe die sprankel
welk en afwas,
het die eerste rukwind
eenheid herskep
tot
skerwe.

      1978 Pretoria, RSA

Frustrasie

Logika herrangskik
uit vars gevonde emosie
— antwoorde word leidrade;
en
bou
nuwe
verbeeldingsboë
op bestaande fantasiestrukture
wat as fondasie wegsak.
Met stereotipe woordrangskikkings
probeer ek
die spil van wonder
te verklaar.

      1984 RSA

Gammat-gomgat

Lieflik central exê.
Lekka innie mirrel.
Djy bly ma 'n fool.
Impressively common;
'n Lekka gammat-gomgat.

Lyste djou hel,
djou verrotte twaksak!
van djou swak laggie vir my style
willek net sê, né,
- djy's niks gawoont
en djy't never eenage
brains gehet."
Vereffen sou ek
djou nog verdra, né;
ma nou's djy
sonner consequence.

      3 Maart 1985 Provo, UT, VSA

Gelofte

Toe ons kinders was,
was ons omvou in geloof,
was ons as volkie versterk deur God;
was ons saamgesnoer
in gebede, psalms, gesange,
met 'n mamma as vrou in die Here,
met liefdevolle ooms en tannies,
en al my vriende se ma's en pa's
soos my eie ooms en tannies.

Dankie vir die gelofte
in ons uur van nood —
en daardeur die pad van geloof,
daarvoor …, en daarna.

      April 2025 Cedar Hills, UT

Gerat

Ek's weer op my voete …
deur die drif.

My liggaam - gekneus,
tydsaam weer genees.
Nogmaals ontvanklik vir voorentoe dink,
'n wil om te beplan,
my rol te sien,
en my deel te doen.

Siekte het my onverwags gegryp,
my lewensvog met spoed verdamp;
koud, bewerig en verkrummeld
het 'n uitslag my lyf oortrek.

Hier gaan ek, die eenrigting driffie in,
met geen pen om dit te beskryf nie.
Van nou tot dan, is tyd geleen …
gefokus, gerig, en dringend;
my hande reg, my gemoed oorgehaal
en my hart —
toegewy en sag.

      1 Maart 2025 Cedar Hills, UT

Geskryf in A-wi Majeur

Hy.
Hy het geweet dit was daar.
Dat in ons, in elkeen van ons
is 'n weerklank, 'n eggo,
'n eie van ons Skepper.

Met respek het hy,
met geloof en met grootse geduld het hy
elkeen se geestelike skat
deur hul stemme ontbloot.

Met 'n stem wat uitroep, wat juig!
Met 'n stem wat fluister, wat innig ween.
Met stemme wat eer, saam gesnoer in geloof
het die bede van sielestemme strelend vertroos,
elk gees en hart met liefde omvou.

Want hy,
hy het geweet,
die stemme moet in sielesdieptes weerklink,
in die been, die murg en die fynste weefsel sink
as 'n hemelse vredesalf,
om genesing te bring van die leed
van verskeuring, onmin, en misbruik,
van onmag en ander onnoembare letsels van duister.

Die Goddelike klank se tere sagtheid
en suiwere bede, het alleenlopers, gewondes,
ontmoedigdes, en verlatenes laat terugkeer.

Verteder.
Bemin.
Aanvaar.
Herbeaam en genees.

Met sy delikate talent vir gevoelens en sang
het hy geweet,
het hy geweet watter seëning,
watter wonder van vernuwing lê daar in
die stemme wat hoop,
dié stemme wat glo,
hierdie stemme van liefde.

     Maart 2009 Potchefstroom, RSA

Gevlug van Begrip

Dis voorwaar 'n eer.
Ek weet.
Natuurlik ook begeerlik
en vleiend, die dag as ander met ontsag
en bewondering in jou rigting kyk,
en ek een sien wat fluister,
"Hy's skerp — vlug van begrip!"

Ag wat, dit spyt my,
in nederige ordentlikheid moet ek beken,
dié lof is snertwaardig.
Want sien, diep in my sieleswese
was daar 'n een of ander ongeluk,
soos 'n klein ontploffinkie,
toe 'n entoejawatsie —
'n kop-aan-kop breinselbotsinkie.

Dis soortvan wat ek dink gebeur het,
en die impak daarvan het my hele wese
geskut, dat wat ook al ek nog wou sê
skielik nie meer daar was nie.
Die flinke gladdebek ek, staar toe ewe
woordeloos — gevlug van begrip.
Want wat moes wees
was daar nie meer nie!
Dis al.

Dit het my ongedaan gelaat,
my onkant gevang
en die enigste skerp skuif van my kant
was, toe ek met 'n skamerige glimlag
myself bevraagtekensvolwaardig verskoon het.

Nou ja, oor die entoejawatsies
hoor ek onlangs van by Oom Jopie September,
dat ou mense deskundiges is
oor die goeters.
Uit sy verlede vertel hy van sy ervaring met
die gesegde 'vlug van begrip'.
Wat ek toe hoor het my ontstel,
want glo is dié botsinkies iets wat hulle gereeld beleef,
en nie eens meer daaroor aarsel of stuikel nie,
maar kan voortgaan sonder huiwer.
Toe ek dit hoor, het ek besef, om
dit te kan doen verg iemand wat
voorwaar vlug van begrip is.

Dus maak ek reg om ook daardie
vaardighede aan te leer,
want, so sê oom Jopie,
as jy dié nie kan doen nie, sien
dan word jy soos Tant Nillie.
Sy's nou een van die gevlug van begriptes,
leef nou permanent in
die land van en-toe-ja-watsies.

     2010 Wisconsin, VSA

Giving

Yours is the flavor
of rich abundance,
that scented my words
and gave me stature.

My soul,
was newly valued
and reprogrammed,
as a compliment
to your serenity
and uncompromised modesty.

Dormant potential
woke timely —
fulfilling
our dawning perceptions.

      1984 Provo, UT, USA

Heimat I

Dis bitter.
Die wond het weer geskeur.
Elke keer is dit meer bloed,
meer pyn.

En elke keer
verander ek 'n bietjie.

Eers was dit watte,
toe die pleisters,
toe verbande en steke …
en nou?

      Desember 1985 Los Angeles, Kalifornië, VSA

Heimat II

Ek gaan mos terug ja.
Agter elke bos
skop ek nog ene uit,
nuwe aksent en al;
maar die spoorelemente
van sy Boerbek
sê my
dat hy sukkel om te vergeet.

Ja, ou pêl;
Hoe dan so kop onderstebo?
Klippe kou is mos
kind of international, you know

O ja, ek dog ek sê maar net:
Ek dra 'n brandmerk
(my ma sê dis van al die jare
se getroue streepsuiker)

… en ek gaan terug
huis toe ou maat,
huis toe!

      Desember 1985 Los Angeles, Kalifornië VSA, VSA

Heimat III

Diep verledes … harde realitete.
Selfbelang … oorlewing.
Die gepeupel spoeg … die wêreld slaan.
Kwaad vergeld kwaad beantwoord kwaad.
Welwillendheid word die stiefkind.

Met 'n bewende kop
en bleek gesiggie
lek haar skaam tongetjie
die bitter bytmerke.

      Desember 1986 Los Angeles, Kalifornië, VSA, VSA

Heimat IV

Van die whiteys was ons eerste.
Die anner het later gekom
(vir die opportunity)
Nou lê die opportunity elders.
Maar môre
sal honderde klein Boerbekkies
nog kaalvoet skool toe loop,
en van al die troubles weet hul niks …

"Liewe Jesus is baie ongelukkig
as jy stout is"

"Juffrou wil hê ons moet vyftig sent
skool toe bring"

Kleinjan, ek het jou lief,
Dít weet ek vir 'n feit!

      1985 Los Angeles, Kalifornië, VSA

Heimat V

Krap uit daai naam!
Sny sy stamboek,
breek sy takke af!

"Jy wil mos op die wind gaan lê!
Maar dit lieg jy mos!
Dis weghol dié!
Dis tjank en snol,
met geld en all, né!

Die groot weghol!

      1985 Los Angeles, Kalifornië, VSA

Heimat VI

dan is dit tog só
dat jy gaan
daar waar ons nie wil,
daarom vra ek
dat jy dink
nadink, terugdink
dag na dag,
voordat jy finaal
van alles en als
gaan skei.

      1985 Los Angeles, Kalifornië, VSA

Hein

In die begrafplaas
het ons tougestaan
om een-een
die tolhek
deur te gaan.

Vandag is die mense stil,
om trane en blomme
die leemte toe te voeg.
… as die volryp dag
in die skemer afkoel,
die stof weer terugkeer
en sonlig
in stilte
afsluit,
is die
verganklikheidsiklus
voltooi.

… bly gees gebind tot gees — in liefde.

      Junie 1981 Pretoria, RSA

(Hein is deur 'n vlammemuur die vliegtuigwrak in om sy boetie en sussie te red. 'n Maand later het die wonde sy lewe geëis.)

Huis Toe

Steeds snel die struike langs die pad verby.
Gaan hy ooit vannag sy tuiste kry?
Tyd verspeel, te laat bly kuier.
Lam ooglede, ook sy visie insluimer.

So saggies gesus is hy,
ritmies daal die vaak in sy ysterwieg.
Sorg ontlaai, tot klank en lig verdoof.
Op 'n stil pad rus sy lewensbesluit.

Dit bars en knal, dit vlieg en val …
… sy liggaam hang slap …

      Februarie 1981 Simonstad, RSA

In en Uit

Ingevlieg …
toilette besoek …
aan boord die volgende vlug.

Jammer Detroit, ek wens
dit kon langer gewees het.

Die lewe is maar so:
Die wêreld in,
'n kortstondige verblyf,
en dan weer voort.

… en ek wens
dit kon langer gewees het.

      24 Nov 2023 Detroit lughawe, MI, VSA

In Oënskou

Nou eers, in my ou dag,
voel ek familie.
Die ryk en veelvuldige bande:
ons vernames: in beeldhou, skilders, skrywers …
ons rykes, en ons snaakses;
en dan, ons probleemgevalle.
Sommiges het gekwyn of argumenterend verdwyn …
ons tragedies: in sterftes, egskeidings,
en genoteerde gedrag
— selfs in die pers.

Ja, ons is familie —
want dan, die heerlike kuier,
die gesogte verbintenisse
in saam eet, saambraai, en saam treur:
dis saamtyd en eiebloed verflans in saamwees.

Ooms en tantes, neefs en niggies —
ons verskil oor godsdiens, politiek, karre, en wat ook al,
maar ons is saamgesnoer.

Ons is familie.

      Maart 2023 Cedar Hills, VSA

Innemend

Jy's my soort mens.
My rede … die skyn van doel.
Smag ek na die suiwer in jou psige.
Ek's vol van lewe … alledaags ontkoppel.
Jou rein motief kristal duister en twyfel.
Liefling, jy's die orde in my legkaart.

      Februarie 1981 Pretoria, RSA

Intens Vermeng

Omvou in geloof
as volkie, versterk deur God
teen opposisie en aanslae.
Saam staan ons in
gebede, psalms, boekevat, en gesange;
manne en vroue in die Here,
liefdevolle ooms en tannies,
al my vriende se ma's en pa's
soos my eie ooms en tannies
saamgesnoer.
- dankie vir
die Gelofte - ons toewyding in ons uur
van bitter nood - en toe,
die verlossing.

Nou weer is ons onder druk.
Gesinne op die plase,
afgetrede ooms en tannies
en selfs klein kindertjies
nou nie meer. Vernietig.
In 'n haatdraende hel
is hulle bloedig vergruis.

My geloof kom van moedersknie,
my liefde vir almal; geesgenote
met almal wat Sy verlossing aanvaar.
- en nou? Wat nou?
Word ons deur wolwe verslind,
ons eenheid, ons medelewende
liefde van samehorigheid is
stil - elkeen verwilderd - vereensaam.

Here, ons is swaar
gewond, ons gemoedere ly
met harte in skok, ons
drome in flardes van trauma
O Heer, ons mense is
verwilderd in gees,
verstrooi; baie van
ons het afvallig geword.
Gedrewe en begeesterd
deur wellus, woede,
haat, en gierig na weelde;
selfs gevoelloos, selfbehep
en op 'n eie pad.
Hoe gaan U kudde weer saamkom, hoe kan
ons weer tot inkeer kom?

Is ons bestem om te kwyn?
Tog vul U gees my,
ek weet, ek weet.
Ons roeping tot Afrika
is in U hand -
Heer, nou is die tyd
om in ootmoed
terug te keer na U.
Dis nou ons tyd om
voor te berei om U
woord te verwelkom,
ons bondgenootskap aan
U te verklaar, onsself
hernu en weer een te
word. Daar is hoop.
Daar is liefde;
daar is geloof.
Mag ons daarin herleef.

      21 Mei 2023 Spring Lake, Michigan, VSA

Ja?

Hoe praat jy oor die magtige dinge van binne
wat jou siel saamtrek,
jou wil in vlammende staal giet
en sag, die tere gevoelens
van jou liefde beeldsaai
na jou drome, jou visie,
begeertes en die kern
van jou wese?

Hoe verstaan jy die magtige dinge van binne
wat soos kragtige tiere —
sterk, rats, en fier —
met skouspel en lewensbewondering
deur jou gedagtes storm?

En hoe verduidelik jy die
unieke gawes wat
die kompleksiteit saamflans,
sodat jy ander laat regop sit
met jou verwoorde bewusthede —
jou treffende bevindinge —
bo die jare van die ou dogtertjie wat jy is?

Hoe sê jy, hoe vertel jy, hoe beskryf jy?
Hoekom móét jy?
Waarom moet jy veg vir
respek en aanvaarding,
vir die reg om te wees,
vir die eie en die jou,
vir jou,
jouself,
self.

Hoekom?

     Jaar onbekend

Jacqueline Christine

Baba, baba,
hoor jy my?
Ogies soos hy - mondjie soos sy
maar jou hartjie kom van Jesus.

Van hieraf is die opdraand … terug.
Soos jy stadig groot word
gaan my poppie baie huil,
en lag as dit goed gaan.

Jy's 'n 'pasjale' baba - ons eerste.
… en almal het jou lief,
na God se wil.

      2 Jul. 1985 Provo, UT, VSA

Jacques

Now within me
rise rebellion,
to air the impatience
of my fiery spirit of youth.
Not to settle like most men do.

I sleep with thoughts,
marry thoughts,
dine with thoughts
— of all this world …
its many, many peoples;
about their movement
and manipulation.

Then a sweet-heart
comes along.
Peace once lost
with her returns.

It's love.

A sure acquiescence
of circumstance
— or how otherwise
could it be
with my
conformation.

       Provo, UT, USA

Jana

Of't times, I sit
at your feet
on the lawns of springtime
and talk with you.

Sometimes, I stand
at your side
by a summer stream
as you sing to me.

Seldomly do we walk
— as the autumn leaves fall
and pains dictate our will.

Never do we part,
as you hold my head,
snow white and still.

      12 September 1984 UT, USA

Jill

The eternal realms
never changed.
So, beyond truth,
you enter a sphere -
filled with confusion
speculation and
aimless diversity:
withholding what gave
you a yesterday
and promised
tomorrow.

      1984 Provo, UT, USA

Jobless

With the one ear
I sat and listened
to the table one over.

A man explains his new plan,
the money that there is to be made,
… the fiery convincing of
his contributive value,
his vision,
his relevance.

In him is the you and I
in that need and desire
that what you are about
that what are,
actually matter.

… a pretext to the need to survive.

      2009 Milwaukee, WI, USA

Jou Joller!

Dit was 'n lang, lang nag;
en vir jou sal ek
nooit weer wag.
Nie eens dalkies nie!
Dit was úre vir my,
minute vir jou.
Diep diékant,
daar by jou — vlak.
Groot drome
versus
klein oomblikkies.

      1989 Provo, UT, VSA

Jou Simbolicadeau

Jou elke dag se wandel
laat sy merk of twee.
In die sakelyn se woel
het ek met toeval
jou pad oorkruis.
Liggies en met teerheid
het jy my gedagte geritsel -
leef en loop jy in my droombeeld,
eiesoortig edel.

Ek het effens skuins gedraai,
dat jy kon sien ek lag;
wetend dat jy dieper sien.

Nou lê ons altwee bloot
om deur ons lewensvlak en perke,
in dit wat mag bestaan,
vernietig of te heg.

      September 1981 Pretoria, RSA

Kenny

My reis was ver,
en die plaas het my omvou
in sentimente wat die familiekring
tydsaam bewaar.

Soos 'n swaardslag tref die tyding
ons nagelatenes,
dat my emosie
terugdraai
na sy
eenmans-drumpel-oomblik,
om my familie
aan te voel
in ons naakte
teerheid
en saam
sy dood
te treur.

Rou gevoelens
uit stryd
en oorlog
herleef.

      1982 Bloemfontein, RSA

Klaarpraat

Die goeie gewoontetjies,
die projekte, die lysies,
die visualisering van prioriteite:
dis als nou tot niet —
dis laat-stadium kanker.

Die pad van pyn en kwyn,
sterk reuke omring my lewe,
die gedweep oor vashou— desondanks.
Komaan julle …
die gesprekke,
hierdie pad waarteen ek opgedruk word,
dis nie ek nie.
Dis julle:
julle reaksie,
julle verwagtinge van my,
julle aannames
op die antwoordlose wat kom;
die tyd is kort en dié pad beheer ons nie.

Kom ons gaan huis toe —
ek's ok met die pyn.
Gooi maar die pille weg — bak 'n lekker koek.
Bring my mense saam.
Gee mekaar die hand,
Dis tyd vir liefde;
'n laaste keer lekker sing.
Ek's reg om te groet
en my laaste dinge te doen
wat saakmaak.

Moet asseblief nie my my laaste wens ontneem nie.

      2025 Cedar Hills, UT

… kom, groentjie, kom …

Dis tyd.
Die verbeeldingsvlug moet ploeg.
Sy valdeur uit die lewe
het vasgeroes.

"Sy sagte velletjie gaan skeur!"

Krap hom;
(Kras en fel)
gooi hom uit,
laat die koue in hom byt.
sleep hom deur die hel.

Dis tyd.
hoog tyd.
Sy tyd!

      Mei 1981 SA Vloot, RSA

Konstruksie

Geïsoleer in die lawaai.
geïsoleer in die massabeweging.
geïsoleer.

Alleen kan jy sit en
wonder,
bekommer,
en ongemerk jou eie meemaak.

Geïsoleer in die lawaai.
geïsoleer in die massabeweging.
geïsoleer.

      1986 Provo, UT, VSA

K o N t R a S

TTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTTorings.
WWWWWWolkekrabbers.
GGeboue
en
die
plat
sy-
paad-
jie.
”Kelders en slote word toegebou.”
 
BBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBBerge.
HHHHHHHHHHHeuwels.
KKoppies
en
die
kale
vlak-
tes.
”Oor valleie en skeure word brûe gebou.”

      1986 Provo, UT, VSA

La raison

Dans mon âme se trouve une plage
toute calme.
sereine
et sans empreintes des pieds

Nos senses donnés
protégent les trésors
d'être.

Reservant la richesse
du respect
et la souhaites tendres

… et une force divine
nous inspire d'aimer

      1986 Provo, UT, É'tats Unis

Late Night

The light of today fades
and my heart is lonely.
Stranded alone,
I feel like
writing to the ends
of the earth
— to spill some blood
from my heart.

Sometimes I like praying.

At this time of night
the calendar changes
and a new day starts counting.
Maybe I should too —
but that would be fleeing,
wouldn't it?

I'd rather wait
for the inspiration
of a rising sun.

      approx. 1984 Capetown, RSA

Lewenskakels

Deur die eeue
was die ooglopende ooglopend,
maar nou nie meer so seer ...

Daar was ou omies en ou tannies
oupas, oumas, groot-ooms en -tantes.
my ma, my pa,
en hulle broers en susters: my ooms en tantes
en hulle kinders: my nefies en niggies,
en my eie broers en susters
en ons kinders: die oulikste seuntjies en dogtertjies.

Uitsonderings was daar -
gestorwenes, geskeides,
buite-egtelike kinders
aangenomes, en
weeskinders.

… en tog
daar is 'n stryd
in elke gemeenskap
van die ongeërgdes, die ongevoeliges
aan die een kant
en die mensliewendes en besorgdes
aan die ander kant.
Die een aanvaar dat pyn en lyding
alom is, en altyd sal wees.
"Niks gaan dít verander nie!"
Die ander glo en hoop,
bly gedagtig en verbind,
offer op, en inspireer.
"Vir dié een maak dit saak!"

      2024 Cedar Hills UT, VSA

'n Logge Stilte

Sy breë bedagsame hand
Sy stem, fors en kalm
is verlede tyd.

Die indruk van sy wese
gaan dieper —
verby sy logge lyf,
verby die onoorwinbare
fort van vlees
en die ooglopende
krag van sy gestalte.

Hy was 'n kremetart vir sieleskoelte,
die oasis van emosionele lafenis.
Van die deurtrapte spoorpad na hom,
loop jy weg met sakke gevul
met geloof.

Sy tyd was ons tyd.
Ons tyd was sy tyd.

      2017 Milwaukee, WI, VSA

**Lesopsê

Maar dis die lewe,
bokram!
Vir jou's dit alles,
vir haar mooi niks.
Wees nou nugter!
Sluk die pil,
en sê jy't geleer.
OK?

      1986 Provo, UT, VSA

Ma Coccinelle

Elle dort encore —
doucement.

On peut réfléchir à sa valeur …
sans interruption,
et peut-être
peut-on se renouveler
dans une expérience
plein de couleurs
pastelles,
et gagner une fortitude
incroyable.

      1984 Provo, UT, É'tats Unis

Met Dank

Vandag voel die dag uitsonderlik-uniek.
Toe die knoop deurhaak,
het ek dit geglo: met opregtheid, standvastigheid,
getrouheid, toewyding en bereid
om aan te pas - sal jou pad
uiteindelik geseënd wees.

Ek, ingegooi in 'n vreemde realiteit.
My offer - ontoereikend.
Die beste wysheid - onwerkbaar.
Geluk, aanvaarding - onbereikbaar.
Geloof, hoop, liefde - onbeantwoord.
Voor my is 'n gees geslote,
'n hart afgewend, oë onverlig,
ore - net vir eie denke;
met 'n stem in luide grys, bruin en swart
en vonke van rooi.

Die son het gesak;
ons weë uiteen.
Na alles: al die gebede,
al die hernude pogings,
al die ywer en
als in my vermoë -
het ek berus.

Toe die tog na my binneste.
Die herbou - om my glimlag te herwin.
en uiteindelik oor die rubikon
om 'n nuwe lewe te begin.

Toe stap 'n minsame engel in my lewe.
Bo wonder, my gedagtebeeld as kind
van hoe lieflik dit sal wees.
Dis nou wat dit is.
My vreugdeskelk gevul.
Dankie Heer.

      2023 Spring Lake, Michigan, VSA

Met Jou

Daai blik wat ons nou waarneem – lyk na kommer
of iets ergers wat pla of krap.

Maar weet jy – dis nie
waaraan ek vaskyk nie;
want jou vreugdevolle
glans en lewensprankel
is so pragtig en blywend
in my gemoed —
dankbaar dat ek jou ken;
dankbaar vir jou vormende
invloed op my lewe; dankbaar vir jou veredeling
op wye wye kringe om jou.

Jy móét hierdeur – dit weet jy.
Maar weet dit —
dat ons
diep en vas om jou verenig staan.
Ons is saam, geduldig en bankvas
totdat jy weer glimlaggend sprankel

      April 2018 Wisconsin, VSA

Mikro I

Swaar ysterklampe
het my hartjie vasgeskroef.

My wange hang,
swaar en droef.
willoos, doelloos, los.

      18 Mei 1986 VSA

Mikro II

My elmbogies
druk ek styf
teen my lyf.

"Almal lag vir my"
"Ek haat dit!"
— tog lag ek saam.

      18 Mei 1986 VSA

Mikro III

My voorkop frons
— die ogies staar strak;
'k gee 'n droë slukkie
en my hartjie bibber sag
'vandag móét ek!'

      18 Mei 1986 VSA

Mikro IV

Met my pinkie pik ek 'n traantjie weg
Ingedagte tuur ek
na die druppel emosie
op my vingerpunt
en waarop dit alles moontlik dui.

      18 Mei 1986 VSA

Micro V

I'm gone,
further ahead;
to form yet more
associations with life.

      1984 Capetown, RSA

Milwaukee

Ek kom af en toe terug.
Dis lekker, dis 'n voorreg.

Gedagtes van vervloë dae;
Grepies van die lewe;
Vordering, strewe;
Doele vermag;
Samesyn
en groei.

Maar daar was
mergeling,
wroeging,
ontnugtering,
uiterstes,
beproewing,
en uiteindelik —
die afsluit, verkoop,
groet en agterlaat.

Maar ek het weer vrede gevind,
liefde en vervulling.
My geloof het verdiep
met dankbaarheid,
met waardering;
… en vandag is ek
tevrede.

En 'n bemoedigende toekoms lê voor.

      18 Januarie 2025 Milwaukee, WI, VSA

Mooidink

Ons is lekker honger.
Dis klewerig warm.
Niemand voel meer vars nie.
Die pad's nog lank.
Ai!

En die vatbaarheid om
hoogs geïriteerd te word
is ryp en reg.
Ai!

En toe borrel die frustrasie,
in totale voorspelbaarheid uit:
beskuldigings, verwyte, oordrewe reaksies,
teen-reaksies, en teen-teen-reaksies,
en so aan, en so aan, …
Ai!

Alhoewel die gebeure
heeltemal te wagte is
Alhoewel enige persoon
met insae en lewenservaring
ten volle sou kon verstaan
wat nou hier aan't ontvoue is,
is daar niks wat jy kan sê
om die plofbaarheid te verlig nie —
en toe, met aangrypende kalmte
maak sy 'n voorloper stelling
en toe 'n pleidooi tot die voorbok.

"As jy nou wysheid het, sal jy weet —
… daar is niks wat jy meer kan sê
om kalmte te herstel
en die vlam van frustrasie te blus nie.
Al wat nou kan help, is jou vermoë om te swyg,
en so jou wysheid te bewys.
As jy nou stil is, is jy wys."
Ai!

En toe, absoluut onverwags, is almal tjoepstil.
Ai!

      2009 Milwaukee, WI, VSA

Mortis - Pro Patria

As the coffin rested,
his buddies gave the last salute;
some had tears -
"Cheers Kenny!"

They bloodywell
killed him on the border.

His 12-month-old son cried.
"Donnovan, daddy died
for you.  You'll never
see him again."
Mamma does not cry,
it hurts too deep.
Too many unanswered questions
- it's all words, words …
Kenny is dead!

      1982 Johannesburg, RSA

My Ja is Ja

Hier kom 'n groot opofferingsversoek:
"Ek moet jou vra."

Staan stil. Besin. Besluit.

As dit "nee" is,
sê dit, braaf en bedagsaam.

As dit "ja" is
    – al is dit nie met opwinding nie
    – al is dit nie graag nie
    – al is dit nouliks
… is ek tog deur die oog van die naald.

Ek het ja gesê.
Nou koppel ek dié verbintenis tot my volle oorgawe,
my volle ék gaan dit staaf.
Met lieftallige en vriendelike geduld – met oorgawe,
met ootmoed, met ontferming, met bedagsaamheid, met toewyding, deurdruk en vasbyt.
Ek leef my uit in die "ja" was ek pas gegee het.

Dis wie ek is.
Dis my inbors en my waarde.
Dis wie ek is.

      2022 Kemmerer, Wyoming

My Maats; Dié Slag.

Tinkelkie tonkelkie
tiekel takel, lekkalag

BOEM!   Stop!!   Help!!!

'n Slag.

Glas.  Bloed.  Yster.
Bloed.  Frommelbloed.
Gil-bloed.  Bleek-bloed.
Bewustelose bloed.

Oop gate,
diep nat snye,
Stokstyf dooie oë,
… jong dooie oë.

In 'n oogwink
was al die
ouers daar -
stemmig en stil.

"Jammer tannie, jammer oom."

Die ysterlong haal díép asem,
maar hy's klaar,
koud en kil.

      August 1980 Pretoria, RSA

My Onbenoemde

Jou herinnering
lê ver.
Agter die rand
van die sonsonderhorison
vind ek in gedagte
die tonnel na jou
geestesparadys.

Bloei jou tenger skoonheid
in die onskuld van jou jeug

ek rig deur die strominge van die dag,
die pad van my en jou
om ons te wys
om 'n brug te vorm
en saam te poog;
van die koue troebel aarde
te skei.

      Augustus 1981 Pretoria, RSA

My Secret

I've seen thee.
I know.

Thy mastery in life
thy awesome love
and thy gifted nature.

I know.

I'm quiet,
restless and tense.
But
I'll wait.

I know.
I've seen thee.

      1984 Provo, UT, USA

Nag, liefling!

Ek is lief vir jou "clijnci"
(baie lief)

Die vaakheid oorval;
in tederheid raak jy weg -
smelt jy, vleiend gekleur.
Sagkens word ek meegevoer
tot die vloei van my hart,
wat
in die skadu's van pastel
verkleur:
'n Voorbode
tot die reënboog
wat in jou sluimer.

      Januarie 1985 Provo, UT, USA

Najaar tot Voorjaar

Dis selfs die immergroen
wat terugdeins
en met die najaarsroes
vervlek.
Dit lê swart
van die sneeu,
wit oorweldig.
Lowerloos gestroop,
tot ruwe stamtaal,
takgebare,
en 'n skelet van volwesentlikheid.
Diep verborge lê die lewe
in die voue van
'n stilwit nag
Na die lange winterwaak
ontdooi die eerste druppels
tot 'n bevrore sprankel
wat vrolik jubel
op die ewening
van verandering.

      1987 Provo, UT, USA

NATVRE ♦ HVMANE ♦ PACEM

Wool, mohair & buffalo hide.

Whole grain, fruit and herbs.

Soft-spoken comfort, shiny eyes
and an antique set of scriptures.

      1986 Provo, UT, USA

Noblesse

Nobles ain't distinguished
by birth or blood.
They turn the mud to chocolate,
sweat to wine.

Gales and gusts give'em beat.
The back bone stays straight,
eyes ahead …
and all goes right.

I once heard they spare
their tears for those who fall.

So I guess I ain't gonna talk
bout my back troubles no more.

      Jan 1984 Capetown, RSA

Noise!

I bite
as anguish
and pain
grapple
my nerves,
muscles,
and soul.

Semantics gain
a new taste—
patience, patience, patience.

Quiet.

      approx. 1984 Capetown, RSA

Nooit Weer

So stil
dat die eerste woord,
die sagste omskrywing
die status quo verbreek.

— ritsels wegsterwe
tot statiese
gedagte

… en ek niks meer sê nie.
want
    diep,
ver binne in my;
in daardie hoekie
waar die skadu's skuil
en die pyn wegkruip,
my leed bewaar word
en al die geheime
van menswees
ontrafel:
dié tere plekkie
en soliede ringmuur
het jy afgekraak
en met die intrap
gelyk gemaak.

      Mei 1981 Pretoria, RSA

Of Mammas And Men

Children have mammas,
and God.
Mamma says
God gives her strength.

Bad boys don't wanna
have a mamma and
they don't want God,
'cause they're strong.

But then they don't last
very long.

      26 January 1984 Capetown, RSA

'n Omversie

                job,
           en     my
        ek            dis
    kannie             en
anders nie.             reg
                               is
 Moenie!                 reg
  asseblief              ou knapie
   meneer              weet
      ek                darem
        leer         moet
         nog.     jy
           Ja, maar

      1986 VSA

Onafwendbaar

Weet jy, 'n stemmetjie het my gewaarsku.
Wel, nie gewaarsku nie,
want wat help waarsku teen die onafwendbare?
… en so is dit gekome.

Van volheid tot skelet
moedig,
gepla,
verward,
treurig,
braaf,
stil.
Droef,
breë skouers,
berustend,
vertroos.
Hernu,
peinsend,
moeg,
eerlik,
alleen,
bewoë,
en so begin ek weer.

En dié keer:
minder deurtuimelende angs,
meer durf.
Gefokus op hoop en vasbyt
tot anderkant uit,
dat ek ook eendag
bemoedigend hieroor sal kan praat.

       VSA

Ons Oomblik

Die eerste lentebries
het my gemoed verhelder,
en die swaar van die winter verwilder.

Ek het buite rondgedwaal
om vernuwing van die aandlug in te wag.

'n Verandering in seisoen.

Dryfkrag van die lewensmomentum
het my losgemaak, weggeruk — vrygemaak.

My seisoensverandering.

Vol belofte was die sprong op die ewening;
en ons bane het gekruis
om 'n ruimtesfeer te vul.

Ons seisoen!

      Augustus 1981 Pretoria, RSA

Onthou

Ligbruin
donkerbruin
stowwerig en skurf —
droogverbleek.

Ekologiese geraamtes
oortrek die gedorste landskap …
Dis winter!

Die blomme sal weer open
en lewe verrys
in vrolike klank;
met kleurbeloftes in pastel
— en die sagte geur
van lente
sal sy boodskap dra.

      1984 Provo, UT, VSA

Oorgang

Gistraand
'n Pappie, kalm en liefdelik
met sy klein vroeggebore fyn baba
in haar half-wakker, half slapies prag.
— 'n Pad begin.

Vanoggend
die nuus — my maatjie …
Liewe Amanda, pas verby haar laaste teug.
… het kanker se greep
haar finaal gehaal, uit
die in-en-uit beswymingstragedie.
— 'n Pad voltooi.

      2012 Milwaukee, WI, VSA

Op My Soeke

Agge nee, ek voel teruggesit.
Die massas wie ek sien en
ervaar - die kollegas, die bure
familie, bekentenisse, stadsgenote
landsgenote, vriende, en andere,
guur of onguur

Hulle almal, en selfs ek,
eis dat ons weet waarvan
ons praat -

Maar nou weet ek - uit 'n leeftyd
van ervaring en noukeurige waarneming
- dis tweedehandse en derdehandse
hoorsê wat ons kwansuis as
reine waarheid verkwansel.

So, ingevoer dit wat ons wil glo
gedis as 'n verflansing
van aantygings beweringe en bespiegelings
gesluk deur goeie oortuigingsvermoë
van die oorverteller.

Was ons maar eerder bedag,
geduldig en rustig en traag
met die vorming van opinies -
was ons maar nuuskierig, en
effe meer skepties oor standpunte -
sou ons baie beter daaraantoe gewees het.

Ja, maar dis die mens.
Jou pad na waarheid
is kompleks en verg besonderse vernuf.

      Mei 2023 Cedar Hills, Utah, VSA

Op Reis

Soms bring die reis
dinge ter nagedagtenis
wat jy sien,
en die kuiers en konneksies
wat aan die lekker in jou vat.

Soms dwing die reis
in jou keel af:
droë dinge,
onsmaaklik bitter en bestekeld.

Die gegriefdes met
ysters deur die neus,
geboeide oorlobbe,
gerafelde kleding, en
be-inkte arms en bene:
dik in die lyf -
dun aan takt;
geduld en bedagsaamheid se moses.

My tuiskoms is tog ryker
in wie ek wordend wil;
bied ek groen gras en 'n vars briesie
vir almal wat oor my paadjie reis.

      3 Oktober 2025 Grand Rapids, MI

Op 'n Steenkooldorpie

Op die dreigende sneeubedekte winter
van die steenkooldorpie se hange
het ek hom raakgeloop:
verweer, verontus, verwese.
Met 'n hand van broederskap
het ek hom ingeneem
en sy noodbehoeftes bevredig.

Ons het saam gelag, nabetrag, gehuil
en hy het rustig geword.

Hy het weer begin werk;
ek sy mentor, sy broer, en sy werkgewer.
Maar in die skuiltes van sy gemoed,
het nog steeds,
euwele gedaantes gekriewel en gewurm.
Sy geheime het hom weer verkneg,
en hy moes weer steel,
weer lieg, en weer intuimel.

Skielik weer weg, ... vir behandeling.
En almal hoop: dié keer tot omkeer.

      3 Februarie 2025 Kemmerer, WY

Opstaan

Uit 'n slagaartjie bloei die lewensvog.
Alles is afgeskaal.
Met kragvloei beperk tot die hoofraam,
neem 'n bekende eggolose met swye oor.
Berustend, geduldig, wys, tydsaam, stil.

Met hoe kort ek die lewenspaadjie ag
kon ek skaars toelaat dat
die passiewe gasheer wat ek is,
die deur durf oopmaak
vir die kille stille tyd.

Dis wel jare van vorming
waarop ek nou reken,
vir die wagtende, verwagting en afwagting —
op die ontvorming,
die hervorming
en eweneens die vervorming
waarmee ek die toon gaan aangee
as 'n toonbeeld
van juistheid, integriteit en moed.

      Jaar onbekend

Ou Sad-Sammie

Sy liefde is soos 'n busstop;
hy staat maar daar
en wag.
Dog mog dit nooit nie kom nie,
en hy maar altyd daarop wag.
Wagtend als te wagtend
en sielsbedaard verdoemt,
bejammerd en stilsverlate,
tot sy ewige lot geslot.

      1984 VSA

Ouboet 1

A Muscle pup.
Tough stuff
'n Big talk -
He grabs it
Keeps it,
… and that's fair!

      1978 Pretoria, RSA

Ouboet 2

Rebels          sensitieF
         KleiNliK

Die niete is gewigtig
en sy vryheid onaantasbaar.

Die sterk hand van die gereg
breek sy dom vingertjies
en dis kop eerste in die modder.
   - nóú weet hy -

Woorde het hom vasgevleg,
leuens hom openbaar;
sy paadjie word
'n doodloopmodderspoortjie.

      Oktober 1980 Simonstad

Ouma Is Dood

(Die wêreld weet dit nie)
Buite dryf en dreun dit voort,
maar diep in my ondeurdringbare,
staan ek stil,
in my vloeibare emosie geweek
om dié intense oomblik
ná aan haar te wees.

      9 November 1981 Pretoria, RSA

Outis

Sal jy ooit weet hoe
onstuimig my binneste
steier en skud,
en my wese praat
met spiergedrag
wat verwarring skep;
wat op my onmag
dui om rede
te verwerk;
begin ek weer van vooraf soek;
dis daar,
maar waar weet ek nie.

      Approx. 1982 Pretoria, RSA

Paraat

Plotseling,
die werksjaar is verby,
met 'n paar van my laaste take nog
— so ampertjies klaar
en die een tydsgleuf
van gister beweeg
na die verlede van my gedagtes
en môre sê aan my dinge,
wat beteken
dis nie meer môre nie - dis nou.
Die tyd het oorgeslaan.

Dis nog vars en nuut,
maar dié keer het
die besef my in tyd
gevang — sodat ek
gepaslik die voordele
van 'n vroegtydige bewuswording
kan munt.

En dis dié ervaring,
wat my voortaan paraat sal maak op die komende
— en daarvoor is ek dankbaar.

      1984 VSA

Poste Restante

Swaai, en dan sweef ek.
al skreeuend, dit pols en flikker;
ek trap op die slagaar van die stad.
Met 'n rammelkas wat skree en hoes
sluip ek in sy laagste rat
die betonwoudskrefies deur.
Die hool se koue wande in roet afgewit;
hier waar die massas maal
en ek, stroom-op na nêrens verdwaal -
sinteties flans die stad ons saam.

      Februarie 1981 Pretoria, RSA

P T S D

Sy pappa
sy koppie
sy beentjies
en sy boudtjies
want
pappie
hy
 
droom van

het hom plat gebliksem
pimpelpers
 
dik getik
 
is dronk
haat die lewe
en
terroriste.
















      26 Januarie 1984 Kaapstad RSA

Put na die pit

Skielik
sonder plan
sak
ek
 
a
f
 
i
n
 
eie
gedagte
 
delf ek
 
delf ek
 
delf ek
 
 
 
na die pit

      1982 Pretoria, RSA

Quiet

… the sound of rush
faded.

Awareness of the
mutual sense
of total peace
instilled the faint whisperings
of existence.

The potential of what
we felt
gained depth
as we grew silent
and fewer words
were needed,
still fewer.

… the wonderful
moment
when all was quiet
ended
dictable expression.

      1984 Capetown, RSA

Reaksionêr

Hy't nie geweet nie.
Was dit reaksie?

Snerpend skep die aandwind
'n geskeurde bloedbevlekte hemp.
Growwe hande het haar gil gedemp.
Geslote om die keel van 'n kind.

Ongesluk sy vergeet-die-verlede pil.
Oë rooi gekleurd, verwoes hy die hede.
Vitaliteit tot niet.
Eindig hy haar lied.
Hy't nie geweet nie.
Was dít reaksie?

      Maart 1980 Saldanhabaai, RSA

Rhodesia-Zimbabwe

Sacre, Sacrifice

The war is over.
The bleeding stopped
The buddies buried
The wives remarried

Let's not talk.

The war is over!

      1981 Pretoria, RSA

Ri2O=OL(H2O)

Luikend hang die grot se bek
… drup … drup …
uit klamme rotskristal
vloei die lewensvog.
Kabbel die silwer stroompie
seewaarts op sy tog.

Roes en smoor in menserot,
sak en blik,
slakke in slym verdik.
Swaar gelaai met al ons vrot.

Nog 'n spruit verstik
borrel en stol
sy lewe in slik.

      Mei 1981 Pretoria, RSA

Sanctus L'Amour

Now in a woman
with the promise
of those rich
and triumphant colors
of the deeper red in roses.

Nobility to her!

She's 'shy', she's firm,
and her laugh is calm.
Quietly she speaks —
of service, charity,
and God.

      12 September 1984 Provo, UT, USA

She

Initially
she's a whole lot more
than she is, since she
starts to fill
the she
that
she was
before she became
the she that
she really is;
but this time,
I feel more of
her, and the her
becomes more prominent
as her personality exposes
more of her
which I did
not see
in her
initially.

      1990 USA

Slotsom

Ag tog, so spesiaal
Die seremonie tog —
erkenning van jare se diens.
5, 10, 15 en twintig jaar.
'n Paar op 25, minder oof dertig,
enkeles op 35 en 40.
En die- jaar is daar niemand op 45 of 50 nie.

… en dis soortvan waar dit eindig.

… en elke jaar, met die
seremonie vra ek myself af:
“So, is dit dan die slotsom
van wie ek is?”

      April 2018 UWM, Milwaukee WI

Snap 1

The breath of adventure whirls
to the shores of youth.
The cold, the warm,
and we all rained out
in cries of laughter …

      1986 USA

Snap 2

The show began
before we were ready;
and now,
we try to make a beginning
as a part of the show.
It's all in the mind though,
but not in the show.

      1986 USA

Snap 3

Alewig
sal die oë onversadig staar.
”Jy's abnormaal, jy's abnormaal!”

Bloedloos sal jy uitloop
en inwendig sterf.

      1986 VSA

Snap 4

Die liggie flikker,
flik-ke-ker, prr,   prrr;   prrr.    … pfffff.
'n Ligte rokie.
Stil.
Dis uit.

      1986 VSA

Snap 5

Dominance …
It does not listen, but it hears.
It does not go along, but it pusues.
You can't touch it, but it reaches you
and slams you right shut up with force!

      1986 USA

Snap 6

If you always react to others,
you are in bondage
to circumstance,
and freedom, you know not.

      1986 USA

Solo

In absence
of lively sounds
I drifted
in memories.

The beauty
of imagination
offered me
an undescriptive
moment
relative to life.

      30 April 1982 Tukkies, Pretoria, RSA

Soos jy is

Jy, soos jy is, is goed.
Jy het, soos jy is, gebreke.
Nou dat jy deur jou hart …
Nou dat jy deur jou verstand
die Gees se invloed inneem,
en in jouself herken,
wil jy daai pad getrouer volg.

Nou kan jy self sien
dat waar jy nou is
goed is, maar onvoldoende —
dat jy volhoubaar verbind bly,
strewend tot harmonie en eenwording
en van liefde getuig
as die weg van geluk.

      2020 Kemmerer, WY, VSA

Sosiaal Onvanpas

Sy morele inbors,
maak hom boring en kietsch,
ontangel sy veelbesprokenheid
en daai flits van teenstrydigheid
wat die scoop verkoop.
Jy's beroof van sensasie,
en borderline morality
wat hom op jou lippe plaas,
en sy history in jou pen
laat kriewel
dat hy soos 'n jy weet wat
in die lug bly hang.

Vir nou sal hy sluimer
maar eendag sal sy voorbeeld
jou dalk nog red.

      1984 RSA

Spirale

Ons strewes poog op
na 'n beskawingsgrootheid.
Daar beur ek in die kolk
om van die klasbewuste
los te ruk.

Ek wil 'n egtheid van geluk beleef,
wat ek my eie noem.
Met ruimte vir versnellings en oorstromings,
waar emosie oor die rotse spoel
wat met verbeeldingskleur verflans;
om
as gedagte eggo's
beslag te gee
aan my bestaansreg
in surrealisme.

      1978 Pretoria, RSA

Stiltestryd

Klipsand kneg jou hand tot stryd.
Wyd, wuif die barheid van die veld.
— Gehardes voortveg.

Met moed bewaak,
knak jou oes in windgeweld.
Vlae stof — die horison verrooi.
Lelielower verhars: tot roesbruin kleur.

En snags jou huisie aan die aarde vas ys.
Poolgolwe die stille nagskadu's steur.
Stadig smelt die ryp … die son verrys.

      1978 Pretoria, RSA

Stiltetyd

Vir laatnag luisteraars
span die melodieë
die ure soos rubber
oor die donker inhoud
van die nag.

Buite die raakvat
van woorde
streel my gedagtes
oor die abstrakte in kuns,
die vorm van die wolke
en met enige ander
willekeur van lyne
sien ek ons:
simbolies verbind.

      1978 Pretoria, RSA

The Actor

Tired!  (the day was tough)

Defenses wane,
the mask drops;
it's real.

He still smiles,
makes the kids laugh,
and beauty reflects
a desirable disposition.

— He's a world of dream, color and thought.

      1984 Provo, UT, USA

The Admiral's Office

It seemed so big,
so immense
and beyond reach.
(a dignified sphere)
I stepped in,
silenced by fear.

The simplicity of being human
rang through.

Once again I had confidence
in my inward esteem.
It lies not in the garment,
the stature,
or the face.
It's radiated
by the tempered steel
of character
and integrity.

      November 1981 SA Naval Headquarters, Pretoria, RSA

The End

I let go
and the blackness
of an abyss
swallowed me
more rapidly every second.
All images streaked,
blurred …
my world spun
and I seemingly lost it.

It snapped, and
I released the body
(… dangling, tumbling forth …)
I stabilized, regained control,
and quietness fell upon me.

Divine intervention
distilled upon my fate.
(The fall was now
completely halted.)
The dark dissipated
to the tones of
soft blue,
then red …  orange  …  yellow
and then,
immense force
slammed
immediately
into
perfect
white!

Full flavor unleashed
and
superceded
description.

      19 November 1986 Provo, UT, USA

The Greek Destroyer

Gradually
their rhythms
turn to discord,
off-beat bio-rhythms
and anger.
Vibrant feelings
fell through
vicissitudes,
to
   nothing
          no more.

      1984 Provo, UT, USA

The Motive

In every soul
there's a sphere
where no one walks.

Our given senses
guard the sensitive
treasures
of our being.

Reserving our wealth
of holiness, respect
and tender wishes.

… and divinity inspires us
to love

      1986 USA

The Show Goes On …

Joys and crises interdispersed along the way,
as beginnings and ends interlace
along your earthly sojourn;
truth is no respecter of persons.

Time and again,
you have to answer to redefine
— grappled with the essence for your being;
where you came from,
and what awaits you
as age or accident
separates you from the flesh.

… grappling with the essence for your being …
… grappling with the essence of being …
… groping for essence …

      1984 Provo, UT, USA

The Standard Bearer

In that family
daddy swears.
Ever so often
he sets their standard.

And later that eve
daddy does not bat an eye
as his offspring
repeat in crude verbatim.

      3 September 1983 Vereeniging, RSA

The Transformation

Elegance.
Soft
movement.
Graciously
in
figure
and
form.

Majestic!

In slow
motion
it winds up
in huge satin sheets
CAUGHT!

I rolled over
and withdrew
from the entangled body
in
      to
                 spiritual
                                     freedom.

      1986 USA

Thinking: YOU

Daily life doesn't make you common.
You never quite dissolve into the masses.

You're the aroma
of mountain air,
the aura
of the first morning rays.

The euphony of your voice
lingers like birdsong in springtime
and a chemistry of emotion erupts.
Elated laughter,
sacred humility,
passionate empathy,
and a blanket reverence
— to contain that moment
within my soul that evades
the words for YOU.

      1987 Provo, UT, USA

To Didi

The place was cold;
and the passages,
bleak and gloomy.
I was left there alone.

She had so much pain,
and I stood there,
unable to share my health.

The smell
of medicine and wounds
touched my heart
with sympathy and fear;
so I touched hers
with the warmth
of a smile.

       (Hein's sister) June 1981 Pretoria, RSA

To my elsewhere

You like it at a distance, don't you!
Some occasional and casual contact
to prove our friendship a fact,
but also to keep the rest intact.
It's okay, it's fine, no really — I'm ok.
There's nothing concrete about this anyway,
you can't claim it or buy it — how absurd.

With the same sunshine and moisture
some fruits ripen
others still sport
their glistening green jackets
after all
jewels keep better in safes,
bread in the box, and fruit in the fridge.

May your magnetic forces be surrounded
with equal charges,
while I'll be a counter force elsewhere.

      1986 Provo, UT, USA

Tog na die Ysgrotte

04h00 Spring op, die hele spul.
  Stilletjies sluip ons die stad uit.
  'n Uitstappie vir avontuur—6 ure weg.
  'n Reis in die donker.
  Dis dagbreek.
  Die bruin-vaal heuwels.
  Die ruigdheid neem toe.
  Dis woude—dik ou bome.
  Sneeuwêreld.
  'n Sneeustorm—wit paaie.
  Versigtige verkeer.
  Weer son, skoon paaie.
  Dun-regop wit-bas Aspen woude.
12h00  'n Verkeerde afrit,
  'n halfuur ekstra.
  Kaasballetjies en gerookte vis.
  Myle te voet oor die ys.
  Die pragtige ysgrotte!
17h00  Die eina-voet terugloop.
  Eet, petrol, die lang donker terugrit.
  Smekend, martelend moeg.
01h00  Dankie, ons is veilig tuis.
  Dit was lekker.
01h06  Lekker slaap.

     2009 Wisconsin, VSA

Totsiens Char I

Dis daai staar wat niks sê nie,
want hy's nie meer daar nie.
En hy ook nou
met die stof van Afrika versmelt.

En ek staar, sê niks nie;
die verlede tyd hang swaar oor my gemoed.

Dít wat hy regtig was
sal toekomstig nog in ons leef
en daar wees
in ons familieskat gestalte.

Nou is dit my beurt,
as die laaste geslag
om dít
te veredel of te melk
voordat ek gedwonge
ook daai staar moet aanvaar.

      2 Desember 1992 Provo, UT, VSA

Totsiens Char II

Pappie,
vereensaam daar op jou plasie,
emosioneel buite bereik.
Soveel vrae;
en ons is almal,
oorstelp in diep nabetragting.

Onseker oor Pa se sterfdatum,
onseker die oorsaak —
die reuk van ontbinding
het vooruit die feit beaam;
en jou hondjie
het ons uitgehongerd ingewag.

Jou assies het ons daar gestrooi,
en elkeen van ons nagelatenes
dra 'n mengsel
van rouheid en tederheid.

Dit het my 'n jaar geneem
voordat die onwillekeurig
spontane gesnik getem is.
Nou, meer as drie dekades verder
was daar dae,
   en weke,
      en selfs maande
dat ek jou ongedagtig was.

Maar vandag is jy hier met my.
Ek voel jou.
Ek mis jou,
en 'n tranedal dreig.

My gedagtes, my denke, my wese
dra jou nalatenskap,
net soos dié
van jou geliefde pa.

      3 Desember 2023 Cedar Hills, UT, VSA

Trauma

Hey dude,
The me's gone bad inside,
… can't think no more.
I ain't gonna eat,
I don't wanna talk.

But I kick your guts
and smash you face
and as you fall
I'll jab you ribs
'cause I, wanna hear some crack.

Then I'll eat, but I won't talk
'cause I don't know
what's going on.

      26 Jan 1984 Capetown, RSA

Trots en Vas

Verlig.
Verhelder.
Kraakvars gebeeld.
"Die Reguit Pad."

Subtiele skadu's
het om my rondgehang;
eerstydse wit
het skakeer
tot romergrys.

My visie is verswak
— tot granietgrys verswart.
Dit was lekker mistig.

Gevoelig en pynlik sigbaar
sleep ek die verlede
oor bevlekte leegtes.

      1984 RSA

Tuinier?

Akademie
is die bindingsfaktor
tot ons feeste.

Jonkwees!

'n Beskawingstradisie
word hier
losgespit
om self,
te verdiep
of te dor.

      1982 Universiteit van Pretoria, RSA

Twenty-twenty

Where my treasure was,
blows the cold wind.
Unguarded and barren,
like an open grave.

The spirit has fled.

Remember that I loved
(if you care)

Farewell, bon voyage!

My salutation felt bitter,
sad, bitter-sad.

I loved, even in winter.

      1984 USA

Tydsbestek vs Tydsbestaan

Vrugbare kleure van somer
al flouer herrangskik
in skakerings van roes.

Het die wonder
van lewe
ook dié siel vervul,
noudat sy winter intree?

      1980 Saldanhabaai, RSA

Uhuru, Comerade, Uhuru

Met die geweer
tot Nasionale Simbool verhef,
dryf 'n vreemde aktivis
vervreemde kinders.

Die beskawing van gister
word verbrand.
Die Nuwe Orde!
— 'n Era van klippe
en stokke, fakkel
en bom.

My land van herkoms
se poorte staan toe.
Dis meester Solodovnikov se dag.

      Junie 1981 Pretoria, RSA

Umfaan

'n Grote bullebak,
hardebaard - welig swart.

Sy diep stem donder oor ons heen.
Hy's man!

Mamma het hom groot gemaak-
van baba
tot Kleinjan,
Pappa se Grootseun
en almal se Regterhand.

Toe word hy hardekoejawel
en sterk:
Nou's hy albei.

Maar Mamma se liefde bly teer.
Haar sagte lag
laat nog dieselfde indruk na.
Hy's nog Kleinjan,
Pappa se Regterhand.
"Dankie Mamma", al wil ek dit nie sê nie.

      10 Maart 1985 Provo, UT, VSA

uMkhonto we Sizwe

Ja!
Kom ons gooi die leier uit!
Brand hul gebeendere,
vertrap die bespuugde as
en gil!  … tot die are
dik staan op ons koppe.
Te hel met tradisie
en effentjies mense;
ek donder jou sommer ook, … kyk weg!

Die plek gaan ons regruk.
Die koppe van baie bliksems gaan rol.

Gemene gemeenskap chirurgie.

      1989 Provo, UT, VSA

Un Afrikaander Affaire

Dis juis die Boer in ons bloed
wat ek uitken
op die metro in Parys
en die kitskoslyn in L.A.
— sy wuiwende mielieblaarhare
en die Bosveldsweet op sy voorkop
en so effe lomp, sy hartlike gretigheid.

"Man, dis so 'n gesukkel, die
verdomde vreemde tale."

Ja,
jy's 'n eie jou,
soos die Rus of Skot.
Gekerwe en gegote
in die lyne en vorms van Afrika.
En jou kleur
is van die Suiderson.

Europa en enig ander
bly maar 'n vakansieplek,
want die Boland,
die Vrystaat,
die Hoëveld
en die Bosveld
is ons manier van dinge doen;
en al is ons menings
koppig
en sterk gegeur,
is ons geen trop
vlugtende vlakvarke
wat willoos ronddwaal
en droogmaak nie.

My wese het ontkiem
uit diepgetrapte spore
en ons lot is in my weefsel, dit
sypel deur
my spiere,
sterk die murg in my gebeente
en
hang oor die stilte
van my gees.

      1986 Kalifornië, VSA

Van Rusland, Met Liefde

»» » » » »  » eers dreun dit «  « « « « « «


… dan fluit iets …

EN DAN DIE GEKNAL!

Hop die fosforgoggo rond.
Kots hy chemiegif:
soekend na 'n prooi.

Met hande wat brand
en ogies wat smelt,
vrek jy in sy spoor.

Sy titel is vyand
Sy naam is mens.

      1981 Pretoria, RSA

Verganklikheid

Asemrowend ontvou die vallei hier voor my.
Dig en lowerryk die woude.
Sprankelend, bruisend die vars stroom.
En as jy geduldig is en mooi kyk,
sal jy die prag van die diereryk ervaar:
klanke van die diere, van wyd oor die vlakte;
allersoortige voëls, insekte, elkeen uniek in doel.

Kon ek maar die pragskone natuurparadys
vir ewig vasvang — om my ewiglik te seën.

Somer voëltjies in volle prag,
gekoor in klank,
gefeer in kleur,
nou se draers van volle uitlewing,
getrou oorgedra van geslagte tevore —
en onderliggend — die konstante: van die kwynende na die opkomende.

Luister. Die kabbelende water beken
dat nou wegvloei … om ewiglik met nuwe waters te vul:
weer, en weer, en weer.

Die lowergroen gaan verkleur in roes,
afval;
en die aarde voed
vir volgende jaar se blare.
Met die heegaan van die najaar
sal die voëls wegvlieg
en in die voorjaar — die terugkoms,
as tyd om hul kuikens te broei;
… die klanke en sprankel van voëlwees dra voort.
En die insekte — 'n lewensiklus in een seisoen.

Nou sit ek in prominente gestoeltes
as gister se baba
en môre se lyk.

      2024 Cedar Hills, UT, VSA

Vêrlangs

Soos die ruwe merke van die Rockies

die letsels van verlange.

Onderleggend
roer
die pynlike
smag
tot
selfvervulling,
diens tot
'n eie uitlewing
van my liefdes.

      7 Jun. 1985 Provo, UT, VSA

Verontwonding


As Afrikaners
moet hul genees
oor geslagte heen
van die inval, die Britse inval;
en nou my vriende
bied ek u «Die Inval»
sodat u hul harte beter kan verstaan.
                                       
 .       As Swartman en Kleurling
moet hul genees
oor geslagte heen
van die inval, die Afrikaner inval;
en nou my vriende
bied ek u «Die Inval»
sodat u hul harte beter kan verstaan.
 .      .      .      .

Die Inval

 .      .      .      .
 .      

Die oopheid
van nabetragting
was lankal verby …
— geslote, en met
obsessie,
het hulle ons diepste eie
binnegeval, ons aangeval.
Meerderwaardig
en hardvogtig
arrogant
was daar geen kans
tot kalm en respekvolle beredenering nie.
«Gee oor en
belei jou onderdanigheid,
of ons verbrysel jou.»
… vasklouend aan die eis tot menswaardigheid
is ons oor-en-oor
traumaties vergruis,
en dit wat ons heilig koester,
met minag
vernietig.
 


 .      

Die Ontwonding

 .      

As Afrikaner,
sien ek nou eers die menslikheid
in my swart en in my bruin broer.
Ek besef — dis my mense,
ja, dis ons:
die oorsaak van hul verwonding.
Ek vra om verskoning,
en in skaamte en nederigheid
vra ek jou
om vir my en my mense,
om vir ons te vergewe.
Jislaaik ja, ons was verkeerd.

Ek hoop
dat ons saam kan bou,
saam kan staan as bure, as landgenote,
en saam kan lag
en met humor en tederheid
wedersyds verwonderd
kan staan
vir die prag
in hoe ons mekaar verryk
ons kinders wedersyds koester
en as een,
die aaklige uit elkeen
van ons geledere
kan verdra
en saam te minimaliseer.

En jy, my Britse broer,
ek bid dat jy
ook sal kan sien
dat ons nog ly
onder die meerderwaardige arrogansie
van jul vadere.
Gee my jou hand,
wys jou begrip en meegevoel,
en bring die genesing van jou belydenis.
Ons wil jou vergewe,
ons wil genees.

 .      

      Maart 2024 Cedar Hills, UT, VSA

Victor Post Mortem

My siel skep uit sy potensiaal
— die diep ervaring van sy oë,
in flitse en getye uit sy lewenspoel.

Berustend en kalm
ontmoet hy die graf.

… die bekroning
van 'n ongesalfde.

      10 September 1984 Provo, UT, VSA

Vide

Skielik is ek ook alleen.
Skielik.
Met oge in vra-en-smeek verseël.

Daar's baie van die leegte.
'n Leegte wat nie
reageer nie
nie vra nie
niks sê nie
en dit wil nie sterf nie,
dis dood.

      1984 RSA

Vlug 477

By firma X in Frankryk
het die werksjaar se top presteerders
geïndig met
'n verdienstelike vakansie in Rio
en die kinders by familie en vriende.

Air France: Parys — Rio.

Air France: Rio — Parys,
terug na hul wagtende gesinnetjies.

… en toe; die sein verdwyn

Die nuus - die soektog - die drywende bewyse - die skok.
Eindig 228 lewens: tragies en hulpeloos.

Ruk die nuus ons, al was hulle vreeemdelinge;
die tragedie van die agtergeblewenes: die wesies,
die verslae familie en vriende, ma's en pa's en werksgenote.

Soos duisende tragedies in die verlede,
gaan die ene ook vervaag,
maar dan vra ek myself af:
Het ek, en
doen ek my bes:
om genesing en verligting te bring
waar ek kon
en nog sal kan?

     2009 Milwaukee, WI, VSA

Vyf-uur in die PUTCO-wêreld

Dis 'n sad storie dié,
die stampvol busse
wat moeës huis toe karwei.
Swoegend snork die swanger
kolosse verby
(elke drie minute)
… en die driver
sal moet terugkeer
vir nog 'n gatvol
vragvol.

      1989 Provo, UT, VSA

Weereens weer een

As ek nou serious kan praat, né
Moet ek as Whitey
vir júlle uitwys,
ja, júlle uitwys as die connective tissue
van die land.

Want dis mos julle se bloed
wat deur contributions van alkante af kom.
In alle rigtings gaan julle liefde uit
ennit kom van alle rigtings.
Hier by my mense, verder aan, en oral oor.

Ja julle inheritance is ryk,
van die Ingilse kry julle daai snobby la-di-dah attitude,
van die Boere en die Xhosas, die fighting spirit,
en van Batavië, Indië, en Wes-Afrika,
kom lekker spices en mysteries.
Van die San mense kom julle
gentle loving sweetness.

En in my honest opinion, né,
in die moment van serious wees,
daal daar van Bo af op julle
die crown jewels van humor en verblyding
as julle natural gift van die hemele.
Die Skepper het geweet
dat die pad van suffering vir julle
hier op aarde kom wag het.
Julle is gegee daai double daily dose
om die bitter trane te vee, en
die bewende hand van woede te stil.

Ag wat, al try ek creatively
om die baie forms van suffering te pen
kan ek as Whitey lank nog nie raakvat aan
julle memories en realities nie.
Ek weet net, julle moes baie meer
indignities en suffering deurmaak
as wat enige mens wil onthou.

Julle coping-skill-humor
was deel vannie miracle
om nie julle koppe te geverloor het nie
en wel kon vasbyt
met heavy-duty dignity.

Ons het vir julle try afbreek,
maar no-ways het ons 'n dent gemaak.
al is dit net die official story of course.
En onder ons loop die sondebokke rond
met cheap-skate gebroke geeste.
En ons almal self-medicate heeltyd.
Buiten die casualties onder julle
is da serious jewels — hulle is net meer geslyp,
gepolish en veredel.

Niemand hier is nie naïf nie —
die suffering het baie mense diep
gewond, gesinne vernietig, en
om van die damage te recover
sal nog lank vat.

Ja, dan is daar die wonde wat ons ook nog nurse …
Hoe die Kakies ons moeders in concentration camps laat vrek het,
ons plase geplunder en verbrand het,
ons dogters verkrag het, en ook ons
dignity try steel het.

En nou is ons saam in die nuwe era
met sy eie blessings en troubles.

En wil net vra né,
vat my hand asseblief
kom ons wees mekaar se blessing—
ons was nog altyd broers en susters, al was dit
onse system wat julle
by die agterdeur uitgeja het.

Vir ons blindheid vra ek collectively
en in seriousness om verskoning.
Vir ons inhumanity vra ek
om julle vergifnis;
en vir julle groot harte se warmte
en die oopte van julle vergewensgesindheid
en julle arms, sê ek dankie.
Daar is versoening op die horizon.

Dankie my bra. Dankie sus.
Uiteindelik is ons nou weer saam.

      2018 Milwaukee, WI, VSA

'n Wens

Ek voel die sensitiewe pols
nee; sagter, fyner -
jou liefderyke oë se invloed.
Skaam beantwoord jy my glimlag.

jou aanskoue
eindig
die argument -
soete vervulling.

steeds is jy
onaantasbaar.

      April 1981 RSA

Werkloos

Met een oor
sit ek en luister
na die tafel langsaan.

'n Man verduidelik sy nuwe plan,
die geld wat daar te make is,
… die vurige oorreding van
sy nut,
sy visie,
sy relevansie.

In hom is ek en jy
in daai behoefte en begeerte
dat wat jy doen,
wat jy is,
wel saakmaak.

… onderliggend tot 'n nood vir oorlewing.

      2009 Milwaukee, WI, VSA

When It's Winter

And sometimes
in those late unaccounted hours,
the night carries the far-off cry
of a lonely dog
— his protest
against the cold.

I turn over,
tuck my blankets in
and ponder about
love
    faith
and warmth
as I fall asleep.

      approx. 1984 Capetown, RSA

Who Are You?

The unconquered open terrain
spirits the call for
exploration.
It is no paradise,
not to the untrained eye.
An earthen borough
seasoned to shelter
from the daily scorch, and
the nightly chill.
High untouched mountain views
and deep luring gorges;
and if you be still,
I'll open
that you might pursue
the fragrance and color
that lead to paradise.

The fullness of its earth
is harrowed up
and no one tells
who knows,
lest it be trampled and
flogged on the market floors.

The undisclosed fruits
are aptly shared,
the variety of its bounty
permanizes color,
stabilizes intentions
and gilds the fibers
of love.

      Jan 1984 Capetown, RSA

Winnie

"Bleek van die koue."
"Week geveg teen die houe."
"Vreet die skadu's sy vette weg,
halter tralies sy gees tot kneg."

Onrustig skud die sipresse op die lokasierand.
Groue wolke oortrek die Vrystaat.
Kil is die bleek maan oor die land.
Vermaard staan sy teen die sterlig afgeëts,
diep ontroer.

      1981 Pretoria, RSA

'n Winter Sonsonder

Bleekblou staalgrys balke
oorkruis die horison;
en doer, laag gehoek
flikker yl flou vlammetjies
deur gefolterde skadu's wat
donkerder blits en woed
en met donder oor die aarde rol.
Noodlottig sink die laaste strale,
en 'n briesie bibber stilletjies.

Dis nag.

      1987 Provo,UT, VSA

You know

Complexity
stares transfixed
from the frown
on my forehead.

… softness, patience,
even a willing acquiescence
of the future
signals from the corners
of my mouth
and from the undefined
reflection
on the translucent
membrane of my eyes.

A series of sudden nerve impulses,
uncontrolled flexing
of many small muscles,
and an overall accompanying
feel tells you—
doesn't it?

      approx. 1984 Capetown, RSA


Geredigeer op 25 JANUARIE 2024.